Work

Misdaadvoorkomingsmodel vir motorvoertuigdiefstal

Year: 1992
Type: dissertation
Abstract: Die aard en omvang van motorvoertuigdiefstal in Suid-Afrika, het die ondersoeker aangespoor om 'n studie van die verskynsel soos dit in die Pretoria-Sentraal polisiestasiegebied voorkom, te loods. Data wat uit die dokumentere studie van gebeure ingesamel is, is rekenkundig gekwantifiseer en het besondere misdaadpatrone wat betrekking het op motordiefstal aan die lig gebring. Dit het tot die formulering van 'n multidissiplinere misdaadvoorkomingsbestuursmodel bygedra. Vanwee die erns van die verskynsel en die ekonomiese implikasies wat dit meebring, moet daar op 'n voortdurende grondslag navorsing uitgevoer word ten einde metodes te verskaf om die omvang van motorvoertuigdiefstal te verminder. Die owerheid moet 'n belangrike rol speel in die oplossing van die probleem.
Authors: Du Plessis, Willem Jacobus
Language: Dutch
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1010664807
Cites: 4
Cited by:
Related to: 10