Work

Genotypic characterization of Staphylococcus aureus isolates causing bacteraemia in patients admitted to Tygerberg Hospital, Western Cape Province, South Africa

Year: 2010
Type: article
Study design: Observational Study
Abstract: S. aureus veroorsaak ernstige infeksies in die hospitaalomgewing en in die gemeenskap.Wêreldwyd, neem metisillien-weerstandige S. aureus (MRSA) infeksies vinnig toe.Huidiglik by Tygerberg hospitaal is ongeveer 'n derde van S. aureus isolate MRSA.Hierdie is die eerste epidemiologiese studie by Tygerberg hospitaal wat prospektiewe kliniese data van pasiënte met S. aureus bakteremie saam met spa tipering en aantoning van die mecA en pvl gene in 'n multipleks PKR insluit.Klonale groepe (spa-CC) van MRSA en MSSA isolate is deur BURP analise verkry, en vergelyk met internasionaal belangrike klone.Die molekulêre epidemiologie van hospitaalverworwe (HA), gesondheidsorgverworwe (HCA) en gemeenskapsverworwe (CA) S. aureus bakteremie by hierdie hospitaal is ondersoek.Laastens, oorspronklike en daaropvolgende herhaal isolate is gekollekteer om moontlike organisme-faktore geassosieerd met persisterende en herhalende bakteremiese episodes te analiseer.Ons het in totaal 113 S. aureus isolate van 104 pasiënte ondersoek (70% MSSA, 30% MRSA).Nege isolate (van 5 pasiënte) was herhaal isolate.Alle isolate was afkomstig vanaf bloedkulture wat gedurende die periode Maart 2008 tot Mei 2009 gekollekteer is.Fenotipiese en genotipiese aantoning van metisillien weerstandigheid het goed gekorreleer.Volgens die literatuur kan die meeste CA-MRSA isolate van HA-MRSA isolate onderskei word op grond van die teenwoordigheid van die PVL toksien.Geen CA-MRSA is egter in ons studie gevind nie, dus kon die assosiasie tussen HA-MRSA en CA-MRSA isolate nie ondersoek word nie.CA-MSSA was in 22% van alle MSSA geidentifiseer teenoor 0% CA-MRSA.PVL is in MSSA isolate gevind (22.7% van alle MSSA) maar glad nie in MRSA nie.Dit is opgemerk dat MRSA isolate hoofsaaklik in spa CC 701 en CC-012 kloongroepe voorkom, teenoor kloongroep CC-002 wat slegs MSSA isolate bevat het.Soortgelyk het HA-isolate wat die meerderheid van MRSA isolate verteenwoordig het ook in kloongroepe 1 & 2 gegroepeer.Nege-en-veertig spa tipes is geïdentifiseer in 89.3% of alle isolate en 9.7% was nietipeerbaar.Vyf nuwe spa tipes is getoon.Ons het 'n diverse aantal spa-tipes geïdentifiseer wat met internasionale klone gekorreleer het.Die mees dominante spa tipe in ons omgewing was t037 (slegs in MRSA), gevolg deur t891.Volgens die literatuur word t037 met die Brasiliaanse/Hongaarse kloon geassosieer (SCCmec tipe III; ST 239).Ons bevindings, asook ander Suid Afrikaanse studies, dui aan dat t037 in iii kliniese isolate vanaf talle provinsies in Suid-Afrika aangetoon is.Van belang is dat al die isolate van spa tipe t891 MSSA en PVL positief was.Bakteremiese gevalle was hoofsaaklik geassosieer met kateter-sepsis, gevolg deur vel en sagteweefsel infeksies (SSTI).Slegs een persisterende bakteremiese geval was geïdentifiseer geassosieer met HA-SSTI.Herhalende bakteremiese episodes is in pasiënte op dialise vir kroniese nierversaking en in brandwonde pasiënte met intravaskulêre kateter infeksies aangetoon.Die lokale epidemiologie van S. aureus en die prevalensie koers van verskillende stamme is van belang.Hierdie inligting dra by tot kennis van die epidemiologie van stafilokokkale stamme wat in ons omgewing bakteremie veroorsaak.Hierdie insigte is nuttig vir optimale diagnostiese en terapeutiese riglyne.Die tegnieke wat ontwikkel is, kan gebruik word om uitbrake en herhalende infeksies te identifiseer.
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W114559196
FWCI: 0.763
Cites: 114
Cited by: 6
Related to: 10