Oxidation treatments affecting Sauvignon blanc wine sensory and chemical composition
Year: 2014
Type: dissertation
Abstract: Die doelwit van die studie was om die effek van gekontroleerde oksidasie op die ontwikkeling en verloop van verskeie chemiese komponente asook die ontwikkeling van die sensoriese profiel van 'n Sauvignon blanc wyn te ondersoek.Bykomende studies ondersoek die interaksie/wisselwerking tussen aromakomponente in 'n eenvoudige matriks.Interaksies tussen spesifieke Sauvignon blanc kultivargeassosieerde aromakomponente en komponente wat normaalweg tydens die oksidasie van witwyne ontwikkel, word ondersoek.Die eerste navorsingshoofstuk het ten doel om die interaksie tussen tipiese Sauvignon blanc aromakomponente (of impakkomponente) met aldehiede wat normaalweg tydens oksidasie van witwyne ontwikkel, na te vors.Vier komponente is in 'n modelwyn gevoeg teen verskeie konsentrasies, wat oor die algemeen in die literatuur gerapporteer is om voor the kom in Sauvignon blanc wyne.Die komponente wat ondersoek is, is: 3-merkaptoheksanol (3MH), 3-isobutiel-2-metoksiepirasien (IBMP), 3-(metieltio)-propionaldehied (methional) en fenielasetaldehied.Die sensoriese effekte van die komponente is deur 'n opgeleide sensoriese paneel geëvalueer.Komponente is eers individueel geanaliseer en die resultate het getoon dat dat die intensiteit van die spesifieke aroma verander namate die konsentrasie verander.In sommige gevalle het die beskrywende woord vir die aroma ook verander.Deur al vier komponente in dieselfde monster te voeg word die ondersoek gekompliseer.Die data is statisties geanaliseer deur gebruik te maak van relatiewe nuwe tegnieke soos statistiese netwerke wat dieper insig in die betrokke interaksies bewerkstellig.Verskeie waarnemings word gerapporteer onder andere die bydrae van 3MH tot die 'groen' karakter van die wyn, die kragtige onderdrukkingsvermoë van methional op 3MH en IBMP asook die opbouende effek van methional en IBMP wat bydra tot die 'gekookte' karakter van die monster.Die tweede navorsingshoofstuk is daarop gemik om die effek van herhalende oksidasie op 'n vars en vrugtige styl Sauvignon blanc wyn te ondersoek en om die vordering en ontwikkeling van aromatiese en nie-aromatiese komponente gedurende hierdie tydperk te analiseer.'n Wye reeks chemiese komponente is geanaliseer tesame met omvangryke sensoriese analise.'n Afname in die vlugtige tiole, wat verantwoordelik is vir die vrugtige geure, is gevind tesame met 'n toename in oksidasie-verwante komponente (soos asetaldehied).Sensoriese ondersoeke toon ook die evolusie van die wynaroma tydens oksidasie.Die wyn het ontwikkel van 'n vars en vrugtige styl na effense oksidasiegeure waarna ekstreme oksidasiekarakters waargeneem is.Die Kontrole monsters het 'n 'gekookte' karakter ontwikkel wat 'n aanduiding van die ontwikkeling van 'reduktiewe' komponente in hierdie wyn kan wees.Aan die ander kant het wyne wat een suurstofdosering ontvang het, geen van hierdie geure ontwikkel nie en die wyn is as varser en vrugtiger beskryf in vergelyking met die Kontrole monsters.Die ontwikkeling van die wynkleur is ook gemonitor deur gebruik te maak van 'n spektrofotometer asook 'n sensoriese paneel.Resultate stel voor dat die kleur van die wyn ontwikkel voor die aangename geure begin verdwyn.Die
Author: C. Coetzee
Language: English
Subfield: Food Science
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W122126013
