Work

The riparian vegetation of the Hottentots Holland Mountains, Western Cape, South Africa

Year: 2003
Type: dissertation
Abstract: Die plantegroei is gemonster in transekte wat dwarsoor die rivierloop uitgelê is.Die Braun-Blanquet monstertegniek is gevolg.Bykomende monsterpersele is opgemeet in die moerasse in die boonste dele van die berg-opvanggebiede.Om die omgewingsprosesse wat die plantegroei bepaal te verstaan, is 'n aantal omgewingsfaktore in elke monsterperseel aangeteken, wat, onder andere, helling, aspek en bedekking van rotse ingesluit het, terwyl die variasie in samestelling van die bodem ook aangeteken is.Die klassifikasie van die plantegroei het tot die beskrywing van 26 plantgemeenskappe in die riviere en 11 gemeenskappe in die moerasse gelei.Die struktuur van die plantegroei asook kenmerke van die fisiese habitat is in die beskrywing van die plantegroei-eenhede ingesluit.Die gemeenskappe in die riviere is onderverdeel in tien gemeenskapsgroepe.Daar is een gemeenskapsgroep wat die akwatiese gemeenskappe en drie wat die Nat-oewersone gemeenskappe insluit.Die belangrikste verskille tussen die verskillende Nat-oewersone gemeenskappe word bepaal deur die mate waartoe erosie of deposisie voorkom.Daar is ook drie gemeenskapsgroepe van Fynbos onderskei wat in die Agter-dinamiesesone voorkom.Dit sluit in die Aster-fynbos op die skalies en graniete, die Erica-fynbos op die sandstene en die Oorgangs-fynbos op gemengde substrate.Een gemeenskapsgroep is deur die dominansie van Cliffortia odorata gekenmerk.Dit toon verwantskap met renosterveld gemeenskappe wat reeds in die literatuur beskryf is.Die laaste twee groepe sluit die Afromontane woude en Oewerstruikbosse in.Die waterafloop is bereken deur middel van data verkry vanaf bestaande keerwal meetstasies.Die herhalings-intervalle, oorstromingsdiepte en vloei-sterkte van verskillende vloedtipes word vanaf hierdie data afgelei en stroomop geekstrapoleer.Die meeste plantegroeivariasie op die oewers kan deur die vloede verklaar word, behalwe in die geval van die Afromontane woude, wat deur ander omgewingsfaktore bepaal is.Beperkte en onbeperkte ordinasie is gebruik om die verband tussen die plantegroeipatrone en die omgewing te bepaal.Die plantegroei se verspreiding is bepaal deur drie omgewingsgradiënte, wat op verskillende skale 'n uitwerking het.Die laterale gradiënt oor die rivierbedding is hoofsaaklik bepaal deur oorstromingsfrekwensie en stroomvloeisterkte.Hierdie veranderlikes is moeilik bepaalbaar, alhoewel ander soos, afstand vanaf die rivier, hoogte bo watervlak en bedekking van rotse, wat hieraan gekorreleer is, wel meetbaar is.Die lengte gradiënt, vi dit is die gradiënt wat van oorsprong na einde langs die lengte van die rivier teenwoordig is, het die minste invloed op die plantegroei.Die geografiese gradiënt weerspieel die grootskaalse klimaatsveranderinge oor die bergreeks.Deur hierdie gradiënt word die grootste deel van die totale variasie tussen die monsters verklaar.Die belangrikste veranderlikes is die verhouding van somer-teenoor winter-reënval en die geologiese substraat.Soortgelyk aan die fynbos in die Fynbosbioom, waar gammadiversiteit buitegewoon hoog is, is die grootskaalse omgewingsprosesse, ook vir asonale oewerplantegroei, baie belangrik.Die spesierykste plantegroei rondom die rivier word die verste van die oewer op gemiddelde hoogtes bo seespieël gevind.Kennis oor die plantegroei en die omgewingsprosesse in die riviere in die Wes-Kaap is belangrik vir die monitering en effektiewe beheer van hierdie besondere ekosisteem.Spesifieke bedreigings is gekoppel aan die potensiële ontginning van water uit die akwifer in die Tafelberggroep-sedimente asook deur grootskaalse klimaatsveranderinge waartydens die hoeveelheid water, volgens voorspellings, waarskynlik sal afneem in hierdie ekosisteem.
Language: English
Subfield: Plant Science
Open Access status: green
OpenAlex ID: W132226076
Cites: 74
Cited by: 22
Related to: 10