Work

Sielkundige en voorligtingsdiens in 'n nuwe Suid-Afrikaanse bedeling : 'n verkennende studie

Year: 1994
Type: dissertation
Abstract: Die effek van die nuwe Suid-Afrikaanse bedeling kring uit na alle samelewingsterreine en \ndie onderwys is nie hiervan uitgesluit nie. Hierdie navorsing is daarop toegespits om \nondersoek in te stel na die funksionering en strukturering van, en nuwe moontlik:hede vir \nsielkundige en voorligtingsdienste. \nMet die skrapping van die apartheidsbeleid is sielkundige en voorligtingsdienste voor die \nwerklik:heid gestel om in 'n multikulturele sarnelewing te funksioneer. In Suid-Afrika is \nmultikulturele berading, hulpverlening en toetsing 'n haas onbekende terrein en die \nprobleme word in hierdie navorsing aangespreek. \nIn onderhawige studie is daar gekyk na die veranderende funksies van die opvoedkundige \nsielkundige en ander professionele persone verbonde aan skoolklinieke. Die besondere rol \nvan die skoolvoorligter en die klasonderwyser is uitgelig. \n, Die nuwe politieke bedeling verg die herstrukturering van sielkundige en \nvoorligtingsdienste. Die verskillende tersaaklike aspekte is bespreek en voorstelle is aan \ndie hand gedoen. Oorkoepelende beplanning behoort op nasionale vlak te geskied, terwyl \nprovinsiale strukture binne die raarnwerk van eiesoortige omstandighede en unieke \nbehoeftes tot stand moet kom. \nDie onontbeerlike rol en funksie van hierdie diens en sy essensiele bydrae in die \ntotstandkoming van 'n nuwe Suid-Afrikaanse onderwysbedeling is uitgewys.
Language: Afrikaans
Field: Psychology
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1421025062
Cites: 76
Cited by: 2
Related to: 7