Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: Psychosocial experiences of early adolescent girls in a private school setting vii onderhoude; collages; vertroulike briewe; joernaalinskrywings; veldnotas, en reflektiewe aantekeninge as data-invorderingsmetodes.Saam met die navorser se interpretasie het bogenoemde tot ʼn ryker, ko-gekonstrueerde beskrywing van die dogters se ervarings gelei.Die interpretatiewe beskrywing het daarvoor voorsiening gemaak dat tematiese patrone na vore kon kom as bevinding van die studie.Die studie het bevestig dat die dogters druk ervaar om die hoë standaard wat deur die skool gestel word te behaal en te handhaaf.Die bevindings bevestig verder dat sodanige druk verhoog word deur die kwesbare ontwikkelingsfase waarin die vroeë-adolessente dogter verkeer.Dit veroorsaak dat sy vir haar volgehoue en gesonde psigososiale ontwikkeling ʼn behoefte het aan meer positiewe ondersteuning van onderwysers, haar portuurgroep en haar ouers.Die bevindings toon dat die persepsie van verwerping deur lede van die portuurgroep en onderwysers ʼn negatiewe uitwerking het op die dogters se selfbeeld.Dit blyk ook uit die studie dat daar ter wille van die dogters se welsyn aan hulle ʼn 'stem' gegee moet word en dat hul outentieke uniekheid gerespekteer moet word.Daar word aanbeveel dat die skool die aanbied van bewustheids-/'omgee'-seminare moet ondersoek wat daarop gerig sal wees om ouers, onderwysers en leerders te help om verdere vaardighede te ontwikkel ten opsigte van maniere waarop die dogters se gesonde psigososiale ontwikkeling bevorder kan word.
Author: Maria Campbell
Language: English
Topic: Student Stress and Coping
Subfield: Developmental and Educational Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W143047080
