The association between black tea consumption and iron status of African women in the North West Province : THUSA study
Year: 2005
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Swart vroue in die Noordwes Provinsie: THUSA studie OPSOMMING Motivering: 'n Verskeidenheid van faktore insluitend voedseltekorte, swak higiene en 'n lae opleidingsvlak dra by om die voedingstatus van swart vroue te be'invloed.Vroue het verder 'n hoe risiko vir die ontwikkeling van ystertekorte aangesien hulle baie yster verloor deur menstruasie, die geboorteproses en 'n algemene lae inname van ysterbevattende voedsel.Al hierdie faktore dra by om die risiko vir die ontwikkeling van ystertekort anemie in vroue te verhoog.Doelwitte: Die primere doel van hierdie studie was om die assosiasie tussen tee inname en die ysterstatus van swart vroue in die Noordwes provinsie te ondersoek.Die meer spesifieke doelwitte om die primere doel te bereik was om (1) die ysterstatus van vroue te bepaal (2) die tee inname te bepaal en (3) die verhouding tussen tee inname en yster status te bepaal terwyl die inhiberende en bevorderende faktore in gedagte gehou word.Metodes: 'n Kruis steekproef van klaarblyklike gesonde vrouens uit 5 verskillende stratums van verstedeliking is geneem.Die populasie is verder verdeel in 2 groepe naamlik jonger vroue (jonger as 45.9 jaar) of ouer vroue (ouer as 46 jaar).Die steekproefgrootte was 920.Data is verkry van dieet, demografiese en bykomende vraelyste sowel as deur die insameling van bloedmonsters.Die studie is gedoen as deel van die THUSA studie.Resultate: 'n Totaal van 920 proefpersone is ingesluit in die studie, waarvan 69.24% jonger vroue was en 30.76% ouer vroue.As gevolg van verlore data, het die hoeveelheid proefpersone vir elke parameter verskil.Die gemiddelde serum ferritien en hemoglobien waardes was binne normale grense vir beide groepe.Die gemiddelde dieetysterinname was minder as die dieetaanbevelings vir beide groepe.Geen betekenisvolle korrelasies is gevind tussen serum ferritien of hemoglobien en totale tee-inname sowel as 'n verskeidenheid van ander dieetfaktore nie.Die lae hemoglobienkonsentrasie groep van die jonger en ouer vroue het 'n effense hoer inname van dierlike proteiene en askorbiensuur gehad as die hoe hemoglobien konsentrasie groep.Die hoe serum ferritien konsentrasie groep het egter merkbare hoer inname van dierlike proteien gehad.Gevolgtrekking: Die resultate van hierdie studie dui aan dat tee nie 'n inhiberende effek op die yster status van die vroulike populasie van die Noord Wes provinsie het nie.Daar is egter gevind dat ander studies wat op dieselfde onderwerp gedoen is, gemengde resultate het.Twee van die sewe studies wat ondersoek is, het aangedui dat tee geen inhiberende effek op ysterabsorpie het nie.Hierdie twee studies, net soos die THUSA studie is nie uitgevoer in 'n gekontrolleerde omgewing nie, met ander woorde faktore soos tyd van tee inname en gelyktydige inname van melk is nie gekontrolleer nie.Die ander vyf studies is uitgevoer in 'n omgewing waar proefpersone maaltye ontvang het, die tyd van tee inname gekontrolleer en melkinname aangedui is.Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat verdere studies in die Suid-Afrikaanse populasie, in 'n gekontrolleerde omgewing, nodig is om betroubare aanbevelings aan die populasie te verskaf.
Author: Lizanne Muller
Language: English
Subfield: Hematology
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
Funder: Medical Research Council
OpenAlex ID: W144917189
