Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: facilitated coping because MHWs were able to interface successfully with their environment, even in difficult circumstances.In conclusion, the MHWs provided nuanced descriptions of the ways in which they experienced coping strategies.They coped with the demands of their profession by using internal and external resources, including intrapersonal and relational coping.Keywords: children's trauma; coping strategies; intrapsychic coping, mental health workers; Mmogo-method®; relational coping verhoudings.GGWs kon daarin slaag om die daaglikse stressors waarmee hulle gekonfronteer word, suksesvol te hanteer omdat hulle strategieë wat in hulle daaglikse aktiwiteite ingebed is, suksesvol kon benut.Hulle vermoë om alternatiewe maniere te vind om hulle werk te hanteer, ten spyte van voortdurende blootstelling aan kinders se trauma, het die GGWs in staat gestel om hulle werkverpligtinge na te kom.Die GGWs se intrapersoonlike hanteringstrategieë het hulle vermoë weerspieël om op hulle innerlike hulpbronne te steun.Deur bewus te bly van hulle omgewing en hoe dit hulle beïnvloed, was dit vir die GGWs moontlik om hulself en hulle omgewings te reguleer deur hulle positiewe houdings.Hierdie positiewe houdings, en ook die GGWs se algemene ingesteldheid, het hulle uitkyk op die lewe positief beïnvloed.Dit is verder bevind dat GGWs 'n gesonde afstand handhaaf van hulle stresvolle omgewing deur hulle betekenisvol te distansieër.Die betekenisvolle distansiëring was fundamenteel om afstand as hanteringstrategie te skep.Verder het ook persoonlike en professionele grense, selfsorg en om voordeel uit spiritualiteit te trek, geblyk as bronne vir hanteringsmeganismes. Uit die GGWs se bespreking van die betekenis wat hulle put uit hul professionele loopbane, het geblyk dat hulle nie in staat sou wees om hierdie werk te doen as hulle dit nie as geestelik betekenisvol ervaar nie.Hulle hanteringsmeganismes vir verhoudings steun op eksterne hulpbronne en sluit ondersteunende verhoudings met familie, vriende en kollegas in.Ook het wedersydse onvoorwaardelike aanvaarding aansienlik bygedra tot hanteringsmeganismes en het dit geblyk dat dit belangriks is vir GGWs om hulle familie en vriende se houding as ondersteunend en onbevooroordeeld te ervaar.Wat ook nog EXPLORATION OF MENTAL HEALTH WORKERS' COPING 11 bygedra het tot suksesvolle hantering, was die organisasie se kultuur van sorg wat GGWs beleef het as vryheid om met kollegas en bestuurders te kommunikeer en hulle ervarings te deel.GGWs het ook troos geput uit die wete dat hulle nie aan hulleself oorgelaat en alleen is wanneer hulle met kindertrauma werk, nie: hulle kollegas ervaar soortgelyke trauma beradingsessies wanneer hulle met kliënte werk.Hierdie interaksie het hantering gefasiliteer omdat GGWs in staat was om suksesvol met hulle omgewing te koppelselfs onder moeilike omstandighede.Ter samevatting: in hierdie studie bied GGWs genuanseerde beskrywings van hulle ervarings betreffende hulle hanteringstrategieë.Hulle het die eise van hulle beroep hanteer deur gebruik te maak van interne en eksterne hulpbronne, waarby intrapersoonlike en relasionele hanteringstrategieë ingesluit is / waarby intrapersoonlikeen verhoudingshanteringstrategieë ingesluit is.
Author: Anna Keyter
Language: English
Topic: Stress and Burnout Research
Subfield: Social Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1495530890
