Work

The effects of hot-deboning on the physical quality characteristics of ostrich (Struthio camelus) Muscularis gastrocnemius, pars interna and Muscularis iliofibularis

Year: 2005
Type: dissertation
Abstract: Hot-deboning had no significant effect on the shelf-life of meat cuts from both the M. gastrocnemius, pars interna and the M. iliofibularis, resulting in no increase in bacterial contamination prior to vacuum-packaging, nor in an increase in microbial counts during post-mortem storage for 42 d at -3º to 0ºC.Both the intact M. gastrocnemius, pars interna and the intact M. iliofibularis, when stored < 4ºC, showed a rapid fall in muscle pH early post-mortem, reaching a mean minimum pH of 6.07 ± 0.41 at approximately 3.50 ± 0.84 h post-mortem and a mean minimum pH of 5.81 ± 0.07 at approximately 2.50 ± 0.58 h post-mortem, respectively.Furthermore, it was found that the muscle samples from the M. gastrocnemius, pars interna, maintained at 37ºC, reached fully developed rigor mortis (maximum isometric tension) at the point of minimum muscle pH (5.76 ± 0.13).With the rapid fall in pH (reaching a minimum pH at 2-4 h post-mortem), as well as the early onset (1 to 4 h) of rigor mortis, it was concluded that hot-deboning of ostrich muscles at 3 to 4 h post-mortem would be without detrimental effects on the eating quality in terms of meat tenderness.v OPSOMMING Die doel van hierdie studie was om die invloed van warmontbening (1 uur post-mortem) op die rakleeftyd, asook op die fisiese eienskappe, naamlik taaiheid, pH, "purge" (%), kookverlies (%) en kleur van vakuumverpakte volstruisvleis (M.gastrocnemius, pars interna en die M. iliofibularis), gedurende veroudering vir onderskeidelik 21 dae by 4ºC en 42 dae by -3º tot 0ºC, te evalueer.Daar was ook ondersoek ingestel na die daling in temperatuur (ºC) en die verandering in pH gedurende die eerste 22 tot 24 uur postmortem.Die invloed van temperatuur op die verloop van die ontwikkeling van rigor mortis was ook ondersoek.Sensoriese evaluering het getoon dat warmontbeende M. gastrocnemius, pars interna betekenisvol taaier (P < 0.001), asook minder sappig (P = 0.004) was as die koudontbeende (24 uur post-mortem) spiere.Daar is ook gevind dat die warmontbeende M. gastrocnemius, pars interna betekenisvol (P = 0.0001) korter "sarcomere" lengtes (2.05 ± 0.18 µm) getoon het as die koudontbeende spiere (2.52 ± 0.14 µm).Dog; veroudering by 4ºC vir langer as 5 dae het veroorsaak dat daar geen noemenswaardige verskil in taaiheid tussen die warm-en koudontbeende M. gastrocnemius, pars interna was nie.In teenstelling met die M. gastrocnemius, pars interna, warmontbening het geen betekenisvolle effek (P > 0.05) op die taaiheid van die M. iliofibularis getoon nie.Nie te min, alle spiere was soorgelyk in taaiheid na veroudering vir 14 dae by -3º tot 0ºC.Warmontbening het geen betekenisvolle effek (P = 0.2030) op die pH van die M. gastrocnemius, pars interna getoon tydens veroudering by 4ºC nie.I n teenstelling hiermee, gedurende veroudering by -3º tot 0ºC, was die pH van die koudontbeende M. gastrocnemius, pars interna en M. iliofibularis (5.93 ± 0.12) betekenisvol hoër (P = 0.0062) as die pH van die warmontbeende M. gastrocnemius, pars interna en M. iliofibularis (5.91 ± 0.11).Warmontbening het 'n noemenswaardige (P < 0.0001), negatiewe invloed op die water-houdingsvermoë van beide die M. gastrocnemius, pars interna en die M. iliofibularis getoon, waar warmontbeende spiere meer "purge" (%) getoon het as die koudontbeende spiere.Die effek van warmontbening op die kleur is hoofsaaklik waargeneem in die L*waardes.Koudontbeende M. gastrocnemius, pars interna, verouderd by 4 ºC, was noemenwaardig (P < 0.0042) donkerder ( 30.04 ± 2.29) as die warmontbeende M. gastrocnemius, pars interna (30.71 ± 1.88).In teenstelling hiermee was warmontbeende M. gastrocnemius, pars interna, verouderd by -3º tot 0ºC, noemenswaardig (P < 0.05) donkerder (30.48 ± 1.98) as die koudontbeende M. gastrocnemius, pars interna (31.44 ± vi 1.80).Warmontbening het geen betekenisvolle (P > 0.05) verskil veroorsaak in die L*waardes van die M. Iliofibularis nie.Warmontbening het geen noemenswaardige effek op die rakleeftyd van beide die M. gastrocnemius, pars interna en M. Iliofibularis, verouderd by -3º to 0ºC, getoon nie.Daar was geen toename in mikrobiese groei of kontaminasie, asook geen toemane in mikrobiologiese tellings gedurende die veroudering vir 42 dae by -3º to 0ºC nie.Met opberging by < 4ºC, beide die M. gastrocnemius, pars interna en M. iliofibularis het 'n vinnig daling in pH getoon gedurende die eerste paar ure post-mortem.Die M. gastrocnemius, pars interna het 'n gemiddelde minimum pH van 6.07 ± 0.41 bereik teen ongeveer 3.50 ± 0.84 ure post-mortem.Die M. iliofibularis het 'n gemiddelde minimum pH van 5.81 ± 0.07 bereik teen ongeveer 2.50 ± 0.58 ure post-mortem.Daar was verder gevind dat by 37ºC volledige rigor mortis in die M. gastrocnemius, pars interna bereik was (maksimum isometriese spanning) op die tydstip van die minimum pH (5.76 ± 0.13).Met die vinnige tempo van pH daling (bereik 'n minimum pH binne 2 tot 4 ure postmortem) en die voltooing van volledige rigor mortis binne die eerste paar ure post-mortem (1 tot 4 ure), kan volstruisspiere gevolglik binne die eerste 3 tot 4 ure post-mortem warm ontbeen word sonder enige nadelige effekte op die kwaliteit in terme van die taaiheid van die vleis.
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W15078915
Cites: 87
Cited by: 2
Related to: 10