'n Ondersoek van Afrikaanssprekendes se behoeftes aan Afrikaanse televisieprogramme : 'n gevallestudie
Year: 2001
Type: dissertation
Abstract: Hierdie studie ondersoek die behoeftes van Afrikaanse televisiekykers aan Afrikaanse \ntelevisieprogramme te midde van die veranderinge wat sedert demokratisering aan die \nSuid-Afrikaanse medialandskap plaasvind. Hierdie behoeftes word ondersoek by wyse \nvan 'n gevallestudie ender graad 10-leerders in Pretoria. Die gebruike- en \nbevredigingsbenadering dien as teoretiese onderbou vir die studie en die invloed van 'n \naantal veranderlikes word ondersoek. Hierdie veranderlikes is televisiegerig (inhoud, \naanbod en struktuur van Afrikaanse programme), tegnologiegerig (nuwe mediategnologiee \nsocs satelliettelevisie en die Internet) en kykergerig (sosio-kulturele, persoonlike en \ndemografiese faktore). Die studie bevind dat daar 'n verband is tussen hierdie \nveranderlikes en respondente se behoeftes aan Afrikaanse televisieprogramme. Die \nstudie bevind dat Afrikaanse programme nie respondente se behoeftes bevredig nie. \nNuwe mediategnologiee verbreed respondente se sosio-kulturele horlE;onne sodat hulle \ngemaklik met programme in Engels omgaan. Te midde van die toenemende aanbod van \noorsese programme in Engels, neem die behoefte aan Afrikaanse programme af.
Author: Johannes M. Grobler
Institution: University of South Africa
Language: Afrikaans
Subfield: Communication
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1543023484
