Work

Geborge binding van kinders in substituutsorg : die voorbereiding van substituut-ouers

Year: 2008
Type: dissertation
Abstract: Agtergrond: Kinders moet dikwels noodwendig in substituutsorg geplaas word as gevolg van onbevoegde ouers wat hulle mishandel en misbruik.Hierdie kinders in substituutsorg vind dit baie moeilik om aan te pas in meer positicwe omstandighede en openbaar 'n verskeidenheid gedragsprobleme.Die substituutouers vind dit daarom moeilik om hierdie kinders te hanteer en die gevolg is dat die kinders dan herhaalde plasings moet ontbeer.Dit blyk dat binding met die primere versorger van die vroee kinderjare af bepalend gaan wees ten opsigte van hoe hierdie kind later in sy lewe gaan funksioneer.Die geborge bindingsproses is die fondasie waarop verdere positiewe verhoudinge met ander mense en ook met die kind self gebou word.Daar is 'n duidelikc ooreenkoms tussen gedrags-en emosionele probleme en vroee moederskapsverwydering.Dit blyk dat daar 'n algemene gebrek aan kennis en insig is aangaandc waar hierdie probleme vandaan kom, en wat gedoen kan word om dit aan te spreek.Die substituutversorgers moct bygestaan word om hierdie kinders te verstaan en daarom is dit nodig om te bepaal hoe die ouers ondersteun kan word om die binding tussen die kind en die substituut-ouer te bevorder.Doelwit: Die primere doel van hierdie studie is om vas te stel watter kennis en toerusting ouers in Substituutsorg-skuasies benodig om in die bindingsbehoeftes van die kinders in hulle sorg te voorsien.
Language: Finnish
Open Access status: green
OpenAlex ID: W156776543
Cites: 23
Cited by: 1
Related to: 10