Psychological effects of retirement on elite athletes
Year: 2007
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: OPSOMMINGDie studie was ontwerp om te bepaal tot watter mate die kwaliteit van 'n sportloopbaan beëndiging, op 'n kwantitiewe manier deur sport-en nie-sport faktore beïnvloed word.'n Verdere doel van die studie was om 'n bydrae te lewer asook die kennis te verbreed aangaande sportloopbaanbeeïndiging, asook om nuwe informasie tot die bestaande liggaam van kennis te voeg.Die studie is 'n sport-spesifieke beskouing op Suid-Afrikaanse baan en veld asook padwedloopatlete se terugskouende idees op hulle uittrede.In lyn met relevante literatuur was daar gelet op sport-(vrywilligheid en geleidelikheid van die sportloopbaan beeïndiging, subjektiewe mening van sportprestasies, na-sportloopbaan beplanning en sportidentiteit) en nie-sportfaktore (bv.ouderdom, opvoedkundige status) op verskillende aspekte van sportloopbaan beeïndigingsprobleme.In fase 1 van die navorsing het 104 afgetrede baan-en veldatlete asook padatlete 'n aangepaste vertaalde weergawe van Cecić-Erpič (2000) se Sports Career Termination Questionnaire (SCTQ II) voltooi.Deelnemende atlete het nie minder as een jaar uitgetree nie, en was nasionale sowel as internasionale atlete.Atlete was versoek om terugskouend hul ondervinding en reaksie op hul sportloopbaan beeïndiging te beskryf.Die SCTQ II was ontwikkel om die eienskappe van 'n sportloopbaan beeïndiging te evalueer, asook die eienskappe van die aktiewe sportloopbaan beeïndiging se oorgang tot na-psigo-sosiale en die werkverwante vlak.Die vrywilligheid van uittrede het met 'n aantal probleme wat die atlete ondervind het, gekorreleer.Atlete wat beheer gehad het oor die besluit om uit te tree het minder probleme ondervind met hul sportloopbaan oorgang asook 'n makliker aanpassing tot 'n na-sportloopbaan.Die mate waartoe atlete hulle self met atletiek vereenselwig het, het 'n beduidende effek gehad op die kwaliteit van die uittree proses en die organisering van 'n na-sport lewe.Atlete met 'n baie sterk atletiek identiteit vi het meer intense en veelvuldige probleme ondervind tydens die uittree proses.Uittree beplanning word gesien as een van die mees belangrikste faktore wat kan lei tot minder moeilike aanpassingsproses.Atlete in die studie het aangedui dat hulle nie gereed was vir aftrede nie, as gevolg daarvan het hulle in gebreke gebly om hulle uittrede te beplan.Na-sport beplanning in die studie het gefokus op sake wat betrekking het onder andere, op opvoeding, werksgeleenthede en sosiale ondersteuning.Die opvoedkundige status het beduidend gekorreleer met probleme in die werksomgewing.Atlete wat beter skoolastiese kwalifikasies behaal het, het minder werksverwante probleme ondervind.Die resultate van die studie dui verder daarop dat die uittree proses slegs deur atlete se ouderdom geaffekteer was sover dit die subjektiewe evaluasie van aanpassing tot na-sport lewe aanbetref.Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat hoe laer die ouderdom by die beeïndiging van 'n sportloopbaan, hoe meer neig atlete om probleme te hê met die subjektiewe evaluasie van aanpassing tot na-sport lewe.Geleidelikheid van die proses van uittrede en die beplanning van na-sport lewe, was twee faktore wat 'n effek gehad het op die kwaliteit van die sportloopbaan beeïndiging.Hoe meer geleidelik die proses van uittrede was, hoe minder probleme het uittredende atlete met die organisering van nasport lewe gehad.Atlete met moeilike uittree ondervinding uit atletiek, is minder tevrede met hul na-sport lewe in vergelyking met diegene met 'n moeilike oorgang.Dit beteken dus dat sportloopbaanbeeïndiging 'n belangrike lewensgebeurtenis is wat 'n beduidende invloed op atlete se lewe na uittrede uit mededingende sport kan uitoefen.Aanbevelings word gemaak om potensiële probleme wat betrekking het op sportloopbaan beeïndiging te verminder.
Author: Jantjie M. Marthinus
Language: English
Subfield: Developmental and Educational Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1573488149
