Joodse Gnostiek in die 'Evangelie van Judas'
Year: 2008
Type: dissertation
Abstract: Onlangse studies, veral sedert die ontdekking van die Nag Hammadi-tekste, toon aan dat die term Gnostiek in baie opsigte 'n gekonstrueerde "Ander" is waarteen die "ortodokse" Christendom in die verlede gedefinieer is. As 'n sambreelterm dek dit 'n reeks uiteenlopende religieuse verskynsels van die laat-Hellenistiese tydperk. Indien die eenvormigheid van Gnostiese bewegings 'n konstruksie is, lyk die soektog na 'n enkele oorsprong vir dié bewegings waarskynlik futiel. Eerder kan gekyk word hoe 'n verskeidenheid invloede -Platonies, Christelik, Irannees, eksistensieel en Joodsingewerk het op die stel fenomene wat nou as Gnosties beskou word. In dié tekste wat Setiaans genoem word, is veral tekens van 'n Joodse wêreldbeeld, Joodse woordeskat en Joodse mites opvallend. Vyf moontlike roetes vir die oordrag van Joodse idees na die (Setiaanse) Gnostiek is uitgewys: Die teleurstelling van Joodse apokaliptiese verwagtings (Grant); die allegoriese herinterpretasie van die Wet onder Filo en Aleksandrynse Jode (Pearson); die Christendom se gemoeidheid met die Judaïsme (Pétrement); Palestynse en Samaritaanse bespiegelings (Perkins) en die invloed van die Joodse Wysheidsliteratuur (Rudolph en MacRae).'nMotiefstudie kan aangepak word om temas, tradisies en interpretasies in Gnostiese/Setiaanse tekste te vind wat hul oorsprong slegs vanuit die Judaïsme kon kry. Fallon het dít reeds breedvoerig in sy motiefstudies van die sg. Sabaoth-perikope gedoen en 'n soortgelyke studie kan nou ook van die Judasgeskrif uit die Tsjachos-kodeks gedoen word. Só 'n studie toon dat die "Evangelie van Judas" vernaamd 'n Christelike teks is wat met Christelike sektariese gesprekke gemoeid is. Die apostoliese kerk word afgewys, en in die plek daarvan word 'n alternatiewe denkrigting as verteenwoordigend van Jesus se prediking voorgestel, die Joods-geïnspireerde Setiaanse Gnostiek. In die Judasgeskrif word 'n Setiaanse kosmologiese rede, met sterk Joodse motiewe, dus in die mond van Jesus geplaas sodat dit as alternatief voorgehou kan word vir die apostoliese kerk, wat elders in die Judasgeskrif gediskrediteer word. Dié Joodse motiewe in die teks sluit vernaamd die name, funksies en beskrywings van engele in, maar ook syferbespiegelings en figure soos Set.
Authors: De Villiers, Johannes Albertus
Institution: Stellenbosch University
Language: Afrikaans
Subfield: Religious studies
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W15752269
