Work

Aandagtekortversteuring met en sonder hiperaktiwiteit : 'n neurosielkundige ondersoek na verskille in die onderliggende elemente van aandag

Year: 1998
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Hierdie studie ondersoek die moontlikheid dat aandagtekort \nversteuring met hiperaktiwiteit(ATHV/H) verband hou met probleme \nmet voortgesette aandag, terwyl aandagtekort versteuring sander \nhiperaktiwiteit(ATHV/SO) verband hou met probleme met gefokusde \naandag. Neurosielkundige toetse waarmee voortgesette- en \ngefokusde aandag gemeet word, word gebruik om drie groepe, \nnaamlik ATHV/H(n=24), ATHV/SO(n=l5) en 'n kontrole groep(n=21), \nmet mekaar te vergelyk. Resul tate dui daarop dat die groep \nATHV/SO beduidend swakker presteer as die ander twee groepe op \nsommige van die toetse van gefokusde aandag, en ook neig om \nswakker te presteer op die toets van voortgesette aandag. Die \ngroep ATHV/SO se probleme blyk gekoppel te wees aan 'n stadiger \nspoed van kognitiewe prosessering en 'n toestand van hipoopwekking. \nDie groep ATHV/H presteer nie beduidend swakker as \ndie ander twee groepe op die toets van voortgesette aandag nie, \nmaar presteer wel swakker as die kontrole groep op die Stroop \nColour-Word Test waar inhibisie van ontoepaslike response vereis \nword. Die groep ATHV /H se probleme blyk verband te hou met \nfrontale disfunksie wat manifesteer as 'n neighing tot impulsiwiteit en gebrekkige gedragsregulering.
Language: Afrikaans
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1596057573
Cites: 48
Cited by: 2
Related to: 10