Die rol van die biokenetikus en die bestuur van aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)
Year: 2014
Type: dissertation
Abstract: Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) is een van die deeglikste \nnagevorste opvoedkundig-sielkundige versteurings. Dit is ook een van die \nversteurings waarvan die voorkoms drasties vermeerder het oor die laaste \ndrie dekades, met ʼn voorkoms by skoolkinders van 3 tot 17%. Dit kom ook by \nvolwassenes voor. \nStimulantmedikasie word algemeen in die behandeling van ATHV \nvoorgeskryf. Ander algemene behandelingsmodaliteite sluit onder andere \ngedragsterapie, dieët aanpassings en arbeidsterapie in. \nOefening as hulpmiddel in die bestuur van ATHV, word goed in die literatuur \nbeskryf, maar word ten spyte hiervan nie algemeen voorgeskryf in die \nbehandeling van ATHV nie. Die primêre doel van die studie was om die rol \nwat die biokinetikus as oefenkundige te speel het in die bestuur van ATHV, te \nondersoek. Die hipotese was dat ATHV-pasiënte wat deelneem aan ʼn \noefenprogram onder leiding van ʼn biokinetikus, ʼn verbetering sal toon in \nakademiese prestasie en gedrag. Die verband tussen ATHV-simptome, \naërobiese fiksheid, soepelheid, liggaamsamestelling en balans is ook \nondersoek. \nDeur middel van ʼn meervuldige gevallestudieontwerp is die rol van die \nbiokinetikus in dié verband ondersoek. ʼn Gemengde benadering, met \nkwantitatiewe sowel as kwalitatiewe elemente, is gebruik ten einde ʼn ryk en \nomvattende studie te kon doen. \nRiglyne vir die assessering van ATHV-pasiënte, asook beste oefenpraktyke, \nis uit die literatuur afgelei. \nVyf deelnemers het vir ʼn tydperk van twee tot drie skoolkwartale aan die \nstudie deelgeneem. Die intervensie het bestaan uit ʼn oefenprogram van \nongeveer 30 minute per dag, vyf dae per week. \nAl die deelnemers is vooraf, asook tydens en na die studie getoets aan die \nhand van die volgende: Liggaamsamestelling, aërobiese fiksheid, soepelheid \nen balans. Onderhoude met onderwyseresse en ouers, skoolrapporte en \nvraelyste is verder gebruik om inligting in te samel. Deelnemers het ook \nnarratiewe verslae gelewer oor die belewenis van hulle deelname. \nDie resultate van hierdie studie het die hipotese ondersteun. Die deelnemers \nhet verbeterings ten opsigte van akademiese prestasie en gedrag getoon. \nHulle aërobiese kapasiteit, liggaamsamestelling, soepelheid en balans het \nook verbeter en die verband tussen die onderskeie parameters en die ATHVsimptome \nvan elke deelnemer, is aangetoon en individueel bespreek. ʼn \nGedeelde sorgooreenkomsmodel is ontwikkel om die rol van die biokinetikus \nduidelik aan te dui. ʼn Evaluasieprotokol vir gebruik deur biokinetici is \nontwikkel en riglyne vir programontwerp vir die ATHV-pasiënt is saamgestel. \nDie gevolgtrekking van die studie is dat die biokinetikus ʼn besliste rol te speel \nhet in die bestuur van ATHV.
Author: Margaretha Calitz
Institution: University of Pretoria
Language: Afrikaans
Subfield: Psychiatry and Mental health
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Keywords: attention deficit hyperactivity disorder, exercise therapy, physical activity, academic performance, behavior, cardiorespiratory fitness, flexibility, body composition, balance, exercise prescription, ADHD treatment, case studies, elementary school students, adult ADHD, stimulant medication, behavior therapy, diet and exercise, occupational therapy, physiotherapy
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1602264028
