Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: n kind met DS beleef beide moeilike en positiewe ervarings.Twee van die belangrikste temas wat ontstaan het in terme van die moeilike ervarings was: (1) die feit dat baie aanpassings gemaak moes word.Aanpassings wat gemaak moes word was ten opsigte van onvoorspelbare gesondheidsgevolge, ontwikkelingsagterstande, negatiewe persepsies, en onprofessionele gedrag deur professionele persone en (2) probleme in die hantering van met emosies te wete vrees, eensaamheid, woede, hartseer en ontkenning.Die moeders se positiewe ervarings spruit voort uit hulle pogings om hanteringsmeganismes vir die bogenoemde uitdagings te ontwikel en hierdie positiewe ervaring steun op ondersteuning, hulpbronne, geloof in God, die aanvaarding van die toestand, 'n positiewe houding en binding met hulle kind.viii Die oorheersende bevindinge in terme van die deelnemers se eie aanbevelings vir moeders met 'n kind met DS is dat hulle moet leer om die toestand te aanvaar.Ander bevindings met betrekking tot die positiewe aanspreek van die toestand van DS was soos volg: volhard, om hoopvol te wees, neem dit een dag op 'n tyd, meer bewustheid en begrip vir die diagnose, bly in kontak met mense wat positief is, kom afsprake na, soek leiding en ondersteuning vir jou kind se ontwikkeling, wees lief vir jou kind, geniet jou kind, en wees elke oomblik daar vir jou kind.Die belangrikste terme wat vir hierdie studie sluit in: 'positiewe ervarings , 'ma' en 'kind met Down-sindroom'.
Author: Shakuntala Mhlanga
Language: English
Subfield: Clinical Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W17295791
