Work

A feminist investigation into the reasons for attrition of women doctors from the South African medical profession and practice: exploring the case of UCT medical school between 1996 and 2005

Year: 2011
Type: dissertation
Abstract: Hierdie proefskrif het ten doel om die redes onderliggende aan geslagsverskille in die verlies van vroue uit die Suid-Afrikaanse mediese beroep tussen 1996 en 2005 vas te stel.Die internasionale tendens van die toenemende vervrouliking van mediese opleiding en die mediese beroep wys dat dit ook 'n realiteit in die Suid-Afrikaanse nasionale konteks is.Hierdie verskynsel word veroorsaak deur probleme soortgelyk aan dié wat in ander, tradisioneel manlik gedomineerde beroepe ondervind word.Die spesifieke relevansie vir verdere navorsing en debat word geïllustreer deur die aangetoonde proporsionele verskil tussen vroue se inskrywing en graduering in mediese skole in Suid-Afrika, en hul verteenwoordiging in die beroep self.Die besluit om hierdie ondersoek uit 'n feministies-organisatoriese perspektief te benader, is nie net omdat dit 'n oorspronklike benadering sou wees nie, maar ook gepas vir 'n studie van geslagstendense in die mediese onderwys en professie binne die Suid-Afrikaans konteks.Die navorsingsprojek bevestig dus drie hoofdoelstellings wat relevant tot hierdie ondersoek is.Doelstelling een probeer om die geslagsamestelling van die kohort van mediese gegradueerdes wat nie tot die beroep toegetree het nie, of dié wat besluit het om die beroep te verlaat, te bepaal.Daar is bevind dat daar 'n verhoogde koers van vordering van mans tot die beroep is, gepaardgaande met 'n verlaagde koers van vordering van vroue tot die beroep.Doelstelling twee probeer om die redes onderliggende aan die geslagstendense in die mediese skool en die beroep vas te stel.Dus, om 'n omvattende ondersoek te doen om uit te vind wat onderliggend aan die verlies is, het ek van 'n gemengde metode benadering tot data insameling en analise gebruik gemaak.Die resultate van die onderhoud data wys dat hierdie vroue voel dat beide institusionele en sosiale faktore 'n vroulike dokter se besluit om in die beroep te bly, beïnvloed.Tweedens is daar vasgestel dat geskikte rolmodelle in die beroep die belangrikste faktor is in vroue se identifikasie met die beroep, en hulle besluit om in die beroep te bly.Derdens is gevind dat die respondente baie sterk voel dat vi die kultuur van die mediese beroep 'n negatiewe impak het op 'n vroulike dokter se besluit om in die beroep te bly, maar soos ook in ander studies bevind is, bring dit ons nie nader aan 'n begrip van die aard van die kultuur nie.Ten slotte is daar dus met die onderhoud data gevind dat die respondente duidelik bewus is van die teenwoordigheid van 'n geslagsubstruktuur in die mediese beroep in Suid-Afrika.Ek identifiseer ook sekere elemente van hierdie struktuur wat bydra tot die verlies van vroulike dokters uit die mediese beroep.Doelstelling drie, gebaseer op die uitkomste van die vorige doelstellings, probeer om aanbevelings te maak vir die behoud van mediese dokters in die algemeen, en vroulike dokters spesifiek.Die gevolgtrekking is dat buigsaamheid in die werkskultuur van die mediese beroep van kardinale belang is vir die behoud van dokters in die algemeen, en vroulike dokters meer spesifiek.Dit is 'n moeilike uitdaging om te oorkom omdat sentrale waardes, soos die belang van kontinuïteit van versorging in die beroep, persepsies laat ontstaan dat meer buigsaamheid in werksomstandighede 'n negatiewe impak op die versorging van pasiënte sou hê.Dit blyk egter ook dat daar 'n toenemende erkenning is deur akademici, beleidsontwerpers en mediese praktisyns self van die belang van alternatiewe werkspatrone.Gebaseer op die resultate van die ondersoek is dit duidelik dat die nasionale geslagsverliestendense 'n rede tot kommer vir die verskaffing van menslike hulpbronne vir die nasionale gesondheidstelsel is, veral teen die agtergrond van 'n algemeen erkende tekort aan dokters in Suid-Afrika.As vroulike dokters nie effektief in die stelsel opgeneem word nie, hoewel hulle die meerderheid van gegradueerdes is, is dit 'n tragiese verlies en vermorsing van hulpbronne wat vir opleiding gebruik is.Dit het ook implikasies vir beleid omdat dit blyk dat die Suid-Afrikaanse regering, in sy pogings om dokters te behou, meermale maatreëls gebruik wat perke stel (verpligte gemeenskapsdiens, beperkings vir buitelandse dokters, ens.), waar hulle eerder behoort te fokus op maniere om dokters in Suid-Afrika te hou.Ten slotte stel die proefskrif twee hoofareas voor waarin hierdie bevindings en aanbevelings aangewend kan word: 1) mediese skole/opleiding/onderwys, en 2) die mediese beroep/kultuur.
Language: English
Subfield: Gender Studies
Open Access status: green
OpenAlex ID: W174739087
Cites: 169
Cited by: 3
Related to: 10