Investigating the role of CTSZ, MC3R and MC4R in host susceptibility of tuberculosis
Year: 2010
Type: article
Study design: Observational Study
Abstract: Tuberkulose (TB) is 'n aansteeklike siekte wat reeds vir eeue die gesondheid van die publiek bedreig.Ten spyte van publieke gesondheidsprogramme en verskeie anti-TB medikasie middele, groei die aantal van mense wat hiermee ge-infekteer word steeds jaarliks.Dit is veral in areas waar TB steeds groei, waar ook ander neerdrukkende faktore soos HIV/Vigs, armoede en wanvoeding hoogty vier.Na aanleiding van verskeie verslae tydens oorloë, hongersnood en ander natuulike rampe is dit veral duidelik dat swak nutriënt inname morbiditeit en sterftes wat met TB gepaard gaan verhoog.Talle benaderings word tans gebruik in TB-navorsing, Bewyse is oortuigend om die rol van genetika van die gaheer met vatbaarheid vir TB te verbind.Op grond van vorige studies en die huidige literatuur, het ons drie gene gekies vir hierdie pasiënt-kontrole studie.Variante geleë in cathepsin Z (CTSZ), melanocortin 3 receptor (MC3R) en melanocortin 4 receptor (MC4R) is ge-genotipeer in die Suid-Afrikaanse Kleurling bevolking (SAK) (540 gevalle en 540 kontrole) om sodoende die assosiasie met TB te bepaal.CTSZ is 'n lisosomale sisteïen protease wat uitgedruk word in immuunselle.Interaksie tussen hierdie 303 aminosuur protein en β 2 integrin reseptore nl.LFA-1 en MAK-1 bring veranderde limfosiet proliferasie mee.'n Enkele eksoniese variant in CTSZ, rs34069356, dieselfde soos ge-identifiseer in 'n vorige studie, verskaf sterk bewys vir assosiasie met TB vatbaarheid in gevalle (n = 410) en kontrole (n = 301) in die SAK bevolking.MC3R en MC4R is twee van 5 melanokortien reseptore.Daar is gevind dat MC3R 'n sleutelrol speel in die energie regulering van gasheer metabolisme, terwyl die aktivering van MC4R eindelik lei tot 'n afname in voedsel inname.Aktivering van hierdie twee reseptore word gereguleer deur Leptien, 'n hormoon wat vrygestel word deur adipose weefsel, 'n Variant, stroomop geleë vanaf MC3R, rs6127698, is ook bewys om met TB geassosieer te wees, met die T-alleel meer seldsaam in gevalle (n = 540) as in kontroles (n = 541) wat dui op 'n moontlike weerstandsfenotipe.Funksionele analise van hierdie variant onthul 'n toename in MC3R uitdrukking wanneer gestimuleer met BCG, met individue homosigoties vir die T-alleel wat selfs groter opregulation veroorsaak wanneer vergelyk word met individue homosigoties vir die G allele.Hierdie resultaat was egter nie statisties beduidend nie.'n Enkele haplotiepe in MC3R is ge-assosieer met TB vatbaarheid en die assosiasie is onveranderd nadat 'n permutasie korreksie aangebring is (p = .0061).Voorts is drie variante gekies vir genotipering in MC4R en ten spyte daarvan dat nie een daarvan 'n statisties beduidende verskil getoon het tussen pasiënte (n = 510) en kontroles (n = 487) nie, behoort hierdie geen nie uitgesluit word nie, Die rede hiervoor is dat beide MC3R en MC4R verskeie kere gevind is om in samewerking 'n rol te speel om vetsug te voorkom of te vererger.Die resultate van hierdie studie beaam beide 'n rol van gasheer genetika en voedingstatus in TB en motiveer veral verdere navorsing in beide van hierdie vakgebiede.
Author: Lindsey Adams
Language: English
Subfield: Infectious Diseases
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1899774027
