Work

Perceived barriers to perinatal mental health care utilization : a qualitative study

Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: Perinatale depressie (d.w.s.depressie voor en na swangerskap) bly ʼn onderwerp van voortdurende navorsings belang, aangesien ʼn breë navorsingsveld aandui dat ʼn groot proporsie van vroue wat aan hierdie geestesversteuring lei, nie die gepaste behandeling ontvang nie.Dit is kommerwekkend, eerstens, aangesien behandeling vir geestesgesondheid meestal openlik verkrygbaar is aan almal sonder enige koste.Tweedens, onbehandelde perinatale depressie hou nie slegs gevaarlike gevolge vir die moeder in nie, maar ook vir die baba en die res van die gesin.Dit is daarom belangrik om daardie faktore te identifiseer wat as hindernisse optree tot geestesgesondheid sorg diensgebruik vir perinatale depressie.Alhoewel dit ʼn voortdurende probleem binne die Suid-Afrikaanse konteks is, is daar tot op hede geen navorsing wat hindernisse tot gebruik van beskikbare geestesgesondheidsdienste bekend gemaak nie, veral wat ervaar word onder swanger Suid-Afrikaanse vroue nie.Vir hierdie rede, beoog die Perinatal Geestesgesondheid Projek (Perinatal Mental Health Project -PMHP) om geestesgesondheidsdienste te lewer by dieselfde plek waar vroue verloskundige dienste kan ontvang.Nietemin, ten spyte van hul pogings, is die getal vroue wat beskikbare behandeling van die hand wys steeds van groot kommer.Dié studie bied ʼn unieke perspektief op hindernisse tot berading vir perinatale depressie afspraak-ooreenkoms gedrag, aangesien dit ʼn algehele uitkyk bied op hindernisse wat nie slegs binne die vroue bestaan nie, maar ook in hul veelvlakkige omgewings bestaan.Tweedens, spreek dit die probleem van nie-bywoning van geestesgesondheidsbehandelingsdienste wat aangebied word deur die PMHP aan en gevolglik ook die gaping wat binne Suid-Afrikaanse navorsing rakende dié onderwerp bestaan.Die steekproef vir die studie was gekies van PMHP lêers van daardie pasiënte wat nie hul geskeduleerde terapie afsprake bygewoon het nie.Die deelnemers ingesluit in die studie Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za vi is deur middel van doelgerigte-steekproefneming geselekteer om aan aangesig-tot-aangesig of telefoniese semi-gestruktureerde onderhoude deel te neem.Deelnemers is van hul vertroulikheid en anonimiteit van die proses verseker.Die semi-gestruktureerde onderhoude was oudio-opgeneem en transkripsies is daarvan gemaak, waarna die transkripsies in MS Word gelaai is vir tekstuele analise.Transkripsies is tematies geanaliseer.Die hooftemas wat na vore gekom het, sluit in individuele-verwante hindernisse, sosiale-verwante hindernisse, institusie-verwante hindernisse, gemeenskapsverwante hindernisse en armoede-verwante hindernisse.Resultate van dié studie reflekteer die motiverings van depressiewe swanger vroue om beskikbare en gratis geestesgesondheidsdienste wat verskaf is deur die PMHP van die hand te wys, volgens die vyf hooftemas.Hierdie temas is toe volgens Bronfenbrenner (1972) se Ekologiese Sisteemteorie verdeel in die verskillende sisteme teenwoording in die pasiënt se omgewing, naamlik die individuele-, mikro-, meso-, ekso-, en makrosisteem.Die individuele sisteem het die individuele-verwante hindernisse ingesluit, wat swak geestesgesondheid, en teenstrydige gevoelens teenoor die swangerskap omvat het.Die mikrosisteem het die sosialeverwante hindernisse ingesluit, wat swak sosiale ondersteuning, en self-help strategieë omvat het.Gemeenskapsverwante hindernisse is binne die mesosisteem van die pasiënt se ekologiese omgewing beskou, en het stigma en jammerte as sub-hindernisse ingesluit.Die eksosisteem het die institusie-verwante hindernisse ingesluit, wat verwysing protokol hindernisse, gebrek aan inligting verskaf deur die verpleegsters, en verpleegsters se houdings soos ervaar deur die deelnemers omvat het.Laastens is die armoede-verwante hindernisse binne die makrosisteem beskou, en het finansiële lewens swaarkry, konstante kindersorg eise, en vervoer-verwante struikelblokke as sub-hindernisse ingesluit het.Die belang van dié studie lê in die oorspronklike perspektief van geestesgesondheidsbehandeling dienste afspraak-ooreenkoms gedrag binne die Suid-Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za vii Afrikaanse konteks, wat aangebied is.Toekomstige navorsing kan, bykomend tot die voer van onderhoude met hospitaal pasiënte, fokus daarop om gesondheidsorg kenners en fokus groepe in te sluit, aangesien dit die triangulasie van perspektiewe moontlik maak van al die belangrike rolspelers.Ook, aangesien die probleem en bekommernisse rakende bywoning van terapie afsprake reeds geïdentifiseer is, mag toekomstige navorsing in die rigting beweeg met die doel om intervensies te omskep wat beoog om die geïdentifiseerde hindernisse tot geestesgesondheidsorg diensgebruik te verminder.
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1908603227
Cites: 116
Cited by:
Related to: 10