Work

Dimensions of space in sociolinguistics

Year: 2014
Type: dissertation
Abstract: Binne die sosiale en geesteswetenskappe is toereikende definisies en begrip van die konsep 'ruimte' al vir 'n geruime tyd gedebatteer.Hierdie debat is tot onlangs binne die taalwetenskap afgeskeep, alhoewel dit algemeen erken word dat die begrip van ruimte binne spesifiek sosiolinguistiese navorsing met verloop van tyd verander het.Die navorsing wat in hierdie studie aangebied word, fokus op veranderinge in die konseptualisering van ruimte in die ontwikkeling van variasionistiese sosiolinguistiek.Daar word spesifiek aandag gegee aan die gebrek aan ʼn samehangende beskrywing van die invloed wat verskillende dominante begrippe van 'ruimte' gehad het op navorsingsontwerp in die veld se geskiedenis.Vorige werk wat oor dié onderwerp handel, en wat tot onlangs relatief skaars was, het daarop gewys dat daar wel veranderinge was in die manier waarop die begrip 'ruimte' binne die sosiolinguistiek gebruik is, maar hierdie veranderinge is nog nie op ʼn sistematiese en chronologiese manier ondersoek nie.Vorige studies van dié onderwerp is ook nie binne die breër ruimte-debat in die sosiale wetenskappe aangebied nie.Daar is dus die geneigheid om die relevante ruimte-terminologie op geïsoleerde en nie-gestandaardiseerde maniere te gebruik.Die huidige studie ondersoek die konsep 'ruimte' binne variasionistiese sosiolinguistiek op ʼn sistematiese en chronologiese manier, en plaas veranderinge in die begrip van ruimte in die sosiolinguistiek binne die konteks van die sogenaamde "spatial turn" wat in die laat-1970's/vroeë-1980's binne die sosiale wetenskappe plaasgevind het.Deur ʼn ondersoek van invloedryke literatuur binne vier verskillende variasionisties-sosiolinguistiese raamwerke, en die identifisering van die veranderinge in die konseptualisering van dominante ruimte-begrippe wat met verloop van tyd plaasgevind het, word die impak van elke dominante ruimte-begrip op navorsingsontwerp in variasionistiese sosiolinguistiek duidelik gemaak.Die uiteindelike oogmerk van die studie is om duidelikheid te verskaf oor ʼn onderwerp wat voorheen grootliks onvolledig en onsistematies aangespreek is.Deur 'n gedeeltelike kroniek van die geskiedenis van 'ruimte' in variationistiese sosiolinguistiek te bied, dien die studie voorts as 'n basis vanwaar taalwetenskaplikes kan besin oor die rigtings waarin hierdie relatief jong dissipline ontwikkel het.
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1944529176
Cites: 106
Cited by:
Related to: 10