Food system analysis and the development of a system dynamics approach to improve food security for a vulnerable community in the Breede River Region, Western Cape Province, South Africa
Year: 2012
Type: dissertation
Abstract: OpsommingDie huidige voedsel sisteem slaag nie daarin om arm mense in stede effektief te dien nie.Die ontwikkeling en globalisering van die voedsel sisteem los een stel probleme rondom voedselsekerheid op, maar skep terselfdetyd ander komplekse uitdagings.Tegnies verseker die voedsel sisteem die beskikbaarheid van genoegsame voedsel op 'n makro skaal, maar die struktuur van die sisteem dra by tot die ontwikkeling van "food deserts.""Food deserts" is areas waar daar "n tekort aan voedsel kleinhandel afsetpunte is waar daar bekostigbare, voedsame kos beskikbaar is.Gemeenskappe wat in hieride areas leef sukkel gewoonlik om "n voedsame dieet te bekom en die inwoners word geken aan armoede en 'n ongewenste voedingstatus.Die doel van hierdie navorsing is om plaaslike owerhede te ondersteun om gemeenskap voedselsekerheid meer efektief te bestuur.Die navorsing was in Avian Park, "n lae-inkomste gemeensakp in die Breede Vallei van die Wes-Kaap, Suid-Afrika uitgevoer.Die voedsel kleinhandel omgewing van Avian Park is ondersoek om die voedsel beskikbaarheid en toegangklikheid te bepaal.Verder is "n "system dynamics" model ontwikkel om die areas in die voeldsel sisteem wat aandag verg, ten einde voedselsekuriteit te bekom, te identifiseer.
Author: Johanna Adriana Roos
Language: English
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1947419233
