Year: 2007
Type: dissertation
Abstract: Twee-derdes van Suid-Afrika is hoofsaaklik van grondwater as bron van drinkwater asook vir ontwikkeling afhanklik.Dit sluit meer as 280 dorpe en nedersettings in.Veral in die semi-ariede dele van Suid-Afrika, is grondwater hulpbronne beperk in terme van beide kwaliteit en kwantiteit (Sililo et al., 2001, p. I).Daarom is dit baie belangrik om grondwater hulpbronne teen besoedeling te beskerm.Die eerste doelwit van die navorsing was om ondersoek in te stel rakende die verdunningskapasiteit van geselekteerde grondhorisonte wat hooftipes diagnostiese horisonte in die Suid-Afrikaanse grondklassifikasie verteenwoordig.Die voorlopige chemiese verdunning skattings wat deur Sililo et al. (2001, p. 4.6) vermeld is, kon sodoende bevestig word.Die tweede doelwit was om die verdunningskapasiteit van besoedelende stowwe in Suid-Afrikaanse grondhorisonte te skat, sowel as die diagnostiese waarde van belangrike chemiese eienskappe van gronde, om inligting oor te dra aangaande die vervoer-/verdunningspotensiaal van die kontaminante.Die derde doelwit was om vas te stel of dit moontlik is om H 2 SO 4 of Ca(OH) 2 as suur/basis in te pomp in 'n bulkhoeveelheid grond om die beweeglikheid van die kontaminante te verlaag.Die chemiese vaslegging van besoedelende stowwe in ongeveer 170 grondmonsters is getoets.Die grond is gekontamineer deur 500, 1000, 2500, 5000 en 10000 mg/kg Cu, en 100, 250, 500, 1000 en 1500 mg/kg P by te voeg.Die sorpsie isoterme is opgestel en gebruik om die sorpsie kapasiteit by 'n ewewigskonsentrasie van 1 mg/l Cu of P te bereken.Die vasleggingskapasiteit is statisties geëvalueer om te kyk wat die voorspelbaarheid, gebaseer op grondklassifikasie, is.'n Poging om die vasleggingskapasiteit te korreleer met verskeie belangrike grond chemiese eienskappe soos klei-inhoud, ekstraheerbare Fe en Al inhoud, organiese materiaal inhoud, S-waarde (uitruilbare basiese katione) en pH, het nie oortuigende resultate gelewer nie.Die gebruik van die chemiese omhulsel (envelope) benadering word dus
Author: Mireille K. M. Mwepu
Language: English
Topic: Heavy metals in environment
Subfield: Pollution
Field: Environmental Science
Domain: Physical Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1952548211
