Epidemiological, phenomenological, and treatment aspects of trauma and posttraumatic stress disorder in children and adolescents
Year: 2005
Type: dissertation
Abstract: Daar is tans nog baie leemtes in ons kennis oor die epidemiologie, fenomenologie, neurobiologie en psigofarmakologie van post-traumatiese stressteuring (PTSS) in kinders en adolessente.Empiriese bewys, in die besonder in nie-Westerse omgewings, is yl gesaai en daar is min ooreenstemming wat betref begrip van die onderlinge verwantskap van epidemiologiese faktore, uitdrukking van PTSS-simptome, volledige en gedeeltelike sindrome, ongesteldhede wat komorbied tesame met PTSS voorkom, en farmakoterapeutiese intervensies.Klinici kom te staan voor die moeilike taak om hierdie dikwels gekompliseerde en uitmergelende ongesteldheid in jongmense te behandel ondanks die afwesigheid van data na aanleiding van goed gekontroleerde kliniese studies.Die studies wat hier opgesom word, is 'n vertrekpunt onderweg na begrip van die samesmelting tussen epidemiologiese, fenomenologiese, en farmakoterapeutiese aspekte van PTSS by adolessente.Twee studies is uitgevoer om die voorkoms en gevolge van blootstelling aan geweld en PTSS, kliniese en funksionele korrelate van volledige en gedeeltelike sindrome, en daarmee gepaardgaande geslagsverskille in skool-en klinieksteekproewe onderskeidelik te ondersoek.Twee voorlopige oop ('open-label') studies het die Cuffe SP, Addy CL, Garrison CZ, et al. (1999) Prevalence of PTSD in a community sample of older adolescents.
Author: Soraya Seedat
Language: English
Subfield: Clinical Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W1953045313
