Dogma, kerugma en geskiedenis - enkele voorlopige gesigspunte in verband met hulle onderlinge verhoudinge
Year: 1981
Type: article
Abstract: Die term dogma het in die algemene spraakgebruik ’n uiters negatiewe betekenis. Dit dui op 'n houding van bekrompenheid, onvryheid, onmondigheid, starheid en irrasionaliteit. Opvallend is egter dat dit nie alleen in die algemene spraakgebruik is dat die term dogma hierdie pejoratiewe betekenis het nie. Dit geld eweseer vir nuwere ontwikkelinge in sowel die Protestantse as Rooms-Katolieke teologie.
Source: Verbum et Ecclesia
DOI: 10.4102/ve.v2i2.906
Author: C. J. Wethmar
Language: Afrikaans
Subfield: Sociology and Political Science
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: gold
Estimated APC paid: $605
OpenAlex ID: W2014555383
