Die funksionering van sending, evangelisering, missionêre diakonaat, gemeentebou en interkerklike hulpverlening binne die familie van Nederduitse Gereformeerde Kerke
Year: 1984
Type: article
Abstract: Dit is reeds 'n oorbekende feit dat die veranderde sendingsituasie meebring dat die familie van Ned Geref Kerke gesamentlik moet werk aan die oorblywende sendinguitdagings in die RSA, Afrika en die wêreld. In die RSA is dit vanselfsprekend omdat gemeentegrense in meeste gevalle oorvleuel. In Afrika is dit verkieslik omdat evangeliseringswerk die vrugbaarste deur swart kerke gekanaliseer kan word. In die wêreld is dit wenslik om saam te werk omdat die taak daar so oorweldigend groot is.
Source: Verbum et Ecclesia
DOI: 10.4102/ve.v5i2.921
Author: D. Crafford
Language: Afrikaans
Subfield: Religious studies
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: gold
Estimated APC paid: $605
OpenAlex ID: W2029561368
