Year: 1995
Type: dissertation
Abstract: Die algemene persepsie bestaan dat dit 'n struikelblok is om 'n enigste kind te wees omdat \nhierdie kinders meestal sosio-emosionele probleme ervaar. Hulle word getipeer as onder \nandere selfsugtig, eensaam, afhanklik, ongelukkig, dominerend en bederf. \nDaar bestaan betreklik min navorsing omtrent die enigste kind as sodanig. Die meeste \ninligting wat omtrent hierdie kinders beskikbaar is, is verkry uit"'vergelykende studies waarvan \nenigste kinders toevallig deel gevorm het en waarin die invloed van veranderlikes soos \ngeboorterangorde en gesinsgrootte op aspekte soos intelligensie, persoonlikheid en gedrag \nondersoek is. Die gebruik van hierdie veranderlikes het wye kritiek uitgelok omdat dit \naanleiding gegee het tot teenstrydige navorsingsresultate wat sowel negatiewe as positiewe \npersoonseienskappe uitgewys het. 'n Sterk pleidooi is gelewer vir 'n holistiese benadering tot \ndie persoonlikheidsontwikkeling van die enigste kind met grater klem op die bepalende invloed \nvan f aktore binne en buite die gesin. \nIn hierdie studie word die invloed van ouerlike opvoedingsgedrag op die \npersoonlikheidsontwikkeling van die enigste kind ondersoek. Die vertrekpunt van die studie \nis 'n ondersoek na die rol wat gehegtheid en die gesin as sosiale sisteem as grondslag van \n'n ouer-kind-verhouding speel. Albei ouers dra vanuit hul onderskeie ouerhuise bepaalde \nopvoedingsinhoude, gebaseer op die opvoedingsgedrag wat hulle as kinders ervaar het, in \nhul huwelik en gesin in. Dit dien as grondslag vir die opvoedingsgedrag wat hulle teenoor hul \nkind openbaar. Sodoende skep hulle 'n eie opvoedingskultuur. \nDie literatuur Die literatuur bevestig die regstreekse verband tussen ouerlike opvoedingsgedrag en die \npersoonlikheidsontwikkeling van die enigste kind. In hierdie studie word agt dimensies van \n- \nouerlike opvoedingsgedrag beskryf, asook die invloed daarvan op die persoonlikheid van die \nenigste kind. \nIn die empiriese ondersoek word die opvoedingsgedrag van vyf ouerpare, asook hul enigste \nkinders se betekenisgewing daaraan en belewing daarvan, aan die hand van vraelyste en \nongestruktureerde onderhoude kwalitatief geevalueer. Op grond hiervan is bevind dat die \npopulere stereotipering van die enigste kind ongegrond is en dat daar nie sprake is van 'n \ntipiese enigste kind nie. 'n Waardering van die persoonlikheidsontwikkeling van die enigste \nkind, trouens van enige kind, is eerder gelee in die kind se belewing van en betekenisgewing \naan sy ouers se opvoedingsgedrag.
Author: Karin Verreynne
Language: Afrikaans
Subfield: Demography
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W203038437
