Year: 1986
Type: article
Abstract: Sedert die Praktiese Teologie in 1774 as universiteitsvak in Oostenryk ingestel is, was sy legitimiteit as 'n wáárdige universiteitsvak steeds twyfelagtig. Daar loop 'n dik lyn deur die geskiedenis van die vak wat daarop dui dat die Praktiese Teologie ten diepste maar net die uitsprake van die ander teologiese vakke, hoe ook al, prakties moes maak en toepas. Selfs die pas gepubliseerde Practical Theology van Amerikaanse sy, waaroor hoog opgegee word, is op die keper beskou maar net weer 'n indiensstelling van die Praktiese Teologie om etiese doelstellings te verwesenlik.
Source: Verbum et Ecclesia
DOI: 10.4102/ve.v7i1.946
Author: H. J. C. Pieterse
Language: Afrikaans
Subfield: Sociology and Political Science
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: gold
Estimated APC paid: $605
OpenAlex ID: W2040314743
