Work

Afrikaans-moedertaalonderrig onder beleg

Year: 2012
Type: article
Abstract: Inleiding Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet no 108 van 1996) erken nie alleen 11 tale as amptelik nie, maar verklaar dat elke leerder die reg het tot onderrig in die taal van keuse.Een van die moontlikhede wat uitgesonder word om hierdie reg te implementeer is die instelling van enkelmediumskole.In die praktyk skyn dit egter of die owerhede spesifiek Afrikaans-enkelmediumskole en -opvoedkundige inrigtings teiken om óf dubbel-óf parallelmediuminrigtings te word.Aan die hand van amptelike stappe wat deur die onderwysowerhede in drie provinsies teen Afrikaans-enkelmediumskole geneem is en wat tot litigasie gelei het, sal in die volgende afdelings (i) die belang van moedertaalonderrig en (ii) die reg tot moedertaalonderrig teenoor die reg om onderrig in die taal van keuse te ontvang, aan die bod kom.Die gevolgtrekking is dat daar genoegsame getuienis is dat Afrikaansmoedertaalonderrig in enkelmediumskole werklik in 'n staat van beleg verkeer. Belang van moedertaalonderrigDie term "moedertaal", soos baie ander terme wat in taalbeplanning ter sprake is, is 'n ideologies gelaaide term (Phillipson 1992:39 e.v.).Spesifiek in Suid-Afrika is die begripweens redes wat later bespreek sal wordsterk gestigmatiseer.Kriteria deur Phillipson (1992:39) aangelê vir die bepaling van 'n moedertaal is oorsprong, funksies, bedrewenheid, vereenselwiging en identifikasie deur ander, asook of dit die taal van (een van) die biologiese
Author: Johan Lubbe
Language: Dutch
Open Access status: gold
Estimated APC paid: $149
OpenAlex ID: W2056689255
FWCI: 1.466
Cites: 17
Cited by: 4
Related to: 10