Work

Die geboorte van 'n Nederduitse Gereformeerde Kerk in Botswana

Year: 1981
Type: article
Abstract: In Mei 1877 het die sendingwerk van die Ned. Geref. Kerk in Botswana ’n aanvang geneem toe Pieter Brink hom op Mochudi gaan vestig het as pioniersendeling. Hy het onder toesig van die Kaapse Kerk se Sendingkommissie gaan werk onder die Bakgotla-volk. Hulle het onder leiding van hulle hoofman Khomanyane uit die Saulspoort-gebied weggetrek en hulle in Botswana gaan vestig. Pieter Brink het hulle vanaf Saulspoort gevolg en die werk onder die Bakgotla-stam voortgesit. Na bietjie meer as 'n eeu, op 20 November 1979, is 'n afsonderlike "Dutch Reformed Church in Botswana" gekonstitueer. Hierdie jongste lid van die familie van Ned. Geref. Kerke in ons buurstaat Botswana het 'n interessante geskiedenis waarvan ons slegs enkele hoogtepunte wil uitlig.
Author: D. Crafford
Language: Afrikaans
Open Access status: gold
Estimated APC paid: $605
OpenAlex ID: W2063362322
FWCI:
Cites:
Cited by:
Related to: 10