Continuing Professional Development in Nursing
Year: 2006
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: The problem identified by the researcher, points to the fact that professional nurses in South Africa are not aware that it is their responsibility to continue learning and to seek learning opportunities in order to address their learning needs after obtaining a basic nursing qualification.Continuing professional development (CPD) has been defined as lifelong learning that takes place in a professional career after the point of qualification and/or registration.The primary aim of continuing professional development (CPD) in OPSOMMING Die probleem wat deur die navorser aangedui is, dui op die feit dat professionele verpleegkundiges in Suid-Afrika nie daarvan bewus is nie dat dit hulle verantwoordelikheid is om met hulle studie voort te gaan en om leergeleenthede na te jaag ten einde in hulle leerbehoeftes ná die verkryging van ʼn basiese kwalifikasie in verpleging te voorsien.Voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) is al gedefinieer as lewenslange leer wat ná kwalifikasie en/of registrasie in ʼn professionele loopbaan plaasvind.Die primêre doel van voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) in verpleging is verbetering van pasiëntesorg.VPO in verpleging stel professionele verpleegpraktisyns daartoe in staat stel om verpleegsorg van hoë gehalte en dienslewering aan hulle pasiënte en kliënte te verskaf.Die doel van hierdie navorsing was assessering van die behoefte aan voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele verpleegkundiges ten einde kriteria te ontwikkel wat sal help met die voorsiening van hierdie programme.Die doelstellings van hierdie navorsing was om: te assesseer of professionele verpleegkundiges bewus is van hulle verantwoordelikheid om hulle opleiding ná hulle aanvanklike voordiensopleiding voort te sit; die mate waartoe professionele verpleegkundiges aan voortgesette opvoedkundige aktiwiteite deelneem te assesseer; vas te stel of professionele verpleegkundiges die invoer van verpligte voortgesette professionele ontwikkeling ondersteun; en die struikelblokke tot deelname aan voortgesette professionele ontwikkeling te bepaal.ʼn Opname, as kwantitatiewe navorsingsontwerp, is in hierdie navorsing gebruik om data in te samel van ʼn steekproef professionele verpleegkundiges werksaam by twee openbare
Author: Julia M. Davids
Language: English
Subfield: Research and Theory
Field: Nursing
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2095890126
