Work

The modification, elaboration and empirical evaluation of the Burger learning potential structural model

Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMING Suid-Afrika se verlede wat gelei was deur die Apartheidsisteem, het die meeste Suid-Afrikaners die geleentheid om toegang tot ontwikkelingsgeleenthede ontneem.Dit het gelei tot die onderontwikkeling van meeste Suid-Afrikaners se bevoegdheidspotensiaal wat hulle moet help om die eise wat tans in die wêreld van werk aan hul gestel word suksesvol te hanteer.Dié politieke sisteem het veroorsaak dat Suid-Afrika "n reeks probleme ervaar, insluitende; "n tekort aan kritieke vaardighede in die mark, baie hoë werkloosheid en armoede, ongelykheid in terme van inkomste-verdeling en ongelyke rasverteenwoordiging in die werksplek, asook oormatige misdaad, afskuwelike leefsomstandighede vir meeste Suid-Afrikaners, en "n toenemende afhanklikheid van maatskaplike toelaes (Van Heerden, 2013).Hierdie uitdagings verhoed dat Suid-Afrika sy globale mededingendheidspotentiaal realiseer.Organisasies word direk deur hierdie uitdagings beïnvloed, en hulle deurlopende worsteling met hierdie nalatenskap van Apartheid is veral duidelik wanneer hulle probeer voldoen aan twee vereistes wat personeelkeuring stel.Hierdie sluit in (1) om die mees bevoegde werknemers aan te stel wat produkte/dienste van hoë kwaliteit en hoë ekonomiese nut verseker, en (2) om die werksplek onder morele, ekonomiese, politieke en wetlike druk te diversifiseer (Theron, 2009).As gevolg van Suid-Afrika se Apartheidsisteem, het die meeste indiwidue onderontwikkelde werksbevoegdheidspotensiaal wat hulle verhoed om suksesvol te wees in hulle aanstellings.Die gevolg daarvan is dat, sodra organisasies poog om aan die eerste verantwoordelikheid van personeelkeuring te voldoen dan lei die keuring tot nadelige impak.As organisasies aan die ander kant poog om aan die tweede verantwoordelikheid te voldoen deur die implimentering van tradisionele regstellende aksie, dan laat hulle onbevoegde indiwidue toe om in "n pos in te tree.Hierdie onbevoegdheid is nie die gevolg van "n fundamentele verskil in bevoegdheidspotensiaal tussen rassegroepe nie.Dit is die gevolg van die feit dat Suid-Afrika se intellektuele potentiaal nie eweredig tussen rasse ontwikkel is nie (Burger, 2012).Die huidige situasie waarin organisasies hul bevind moet op gelos word om drie belangrike redes.Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za iv "n Oplossing kan eerstens die globale mededigendheid van die land verbeter."n Oplossing kan tweedens die druk van die geïdentifiseerde sosiale uitdagings verlig, en laastens, "n oplossing is nodig nie net omdat ons huidige situasie moontlik haglik kan word nie, maar eenvoudig omdat dit die regte ding is om te doen.Daar word glad nie geïmpliseer dat regstellende aksie tot niet gemaak moet word nie.Hierdie studie stel slegs voor dat die interpretasie van regstellende aksie asook die fokus daarvan "n meer ontwikkelings-benadering moet aaneem.Dit behels dat "n groter klem daarop geplaas moet word om lede van voorheen benadeelde groepe die geleenthede te gee om die nodige bevoegdheidspotensiaal te ontwikkel om suksesvol in the werksplek te wees.Hulpbronne vir hierdie ontwikkelingsgeleenthede is egter beperk.Die behoefte bestaan dus om daardie indiwidue te identifieer wat die grootste voordeel hieruit sal trek.Daarom is dit nodig om eerstens indiwidue wat die hoogste vlak van leerpotensiaal het te identifiseer, en tweedens om die omstandighede/kondisies te skep wat hierdie leerpotensiaal sal laat aktualiseer.Om uiteindelik sulke indiwidue te identifiseer asook om die persoon-en omgewingstoestande te skep wat as voorvereistes vir suksesvolle leer geld, moet die leerpotensiaalkonstruk verstaan word.Leerpotensiaalnavorsings-studies deur De Goede (2007), Burger (2012), en Van Heerden (2013) is reeds voltooi, maar om die kompleksiteit van hierdie konstruk ten volle te verstaan moet opeenvolgende studies onderneem word.Hierdie studie het gevolglik gefokus op die uitbreiding van hierdie bestaande modelle om sodoende "n meer volledige begrip van leerprestasie te ontwikkel.Die doel van hierdie studie was daarom om die bestaande Burger (2012) leerpotensiaal strukturele model te wysig en uit te brei deur die toevoeging van addisionele nie-kognitiewe veranderlikes.Die strukturele model was empiries geëvalueer en die metingsmodel het "n goeie passing getoon.Die strukturele model het aanvanklik slegs "n redelike passing bereik, maar na die oorweging van die volle spektrum pasgehaltemaatstawwe, gestandaardiseerde residue, modifikasie-indekse and parameterskattings is "n aantal wysigings aan die model aangebring.Die finaalgewysigde strukturele model het goed gepas.Al die bane in die finale model is empiries bevestig.Die beperkinge van die navorsingsmetodiek, die praktiese implikasies van die studie en aanbevelinge vir toekomstige navorsing was ook bespreek.
Language: English
Field: Psychology
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2096183409
Cites: 104
Cited by: 3
Related to: 10