Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: Hoewel piesangs wêreldwyd in 'n verskeidenheid tropiese en enkele subtropiese lande gekweek word, bly piesangdrankies onder die minderwaardige tropiese vrugtesappe en -wyne, hoofsaaklik as gevolg van 'n gebrek aan waardetoevoeging.Hierdie waardetoevoeging kan as "lank agterstallig" beskryf word op grond van die onbekombaarheid van hierdie produkte in die mark, hoewel dit ook 'n noodsaaklike vertraging kan wees op grond van die problematiese aard van die verwerking van piesangvrugte na kwaliteit drankies.Een van die vernaamste hindernisse in die produksie van hoogs aanloklike drankies is die pektienagtige aard van piesangvrugte, wat sapekstraksie en -verheldering in die proses van drankvervaardiging baie bemoeilik.Kommersiële ensiempreparate blyk die vernaamste roete te wees om verwerkingsprobleme op te los om sodoende die kwaliteit van piesangsap en -wyn te verbeter.In hierdie studie het ondersoeke die toepasbaarheid toegelig van pektinolitiese, xilanolitiese, glukanolitiese en amilolitiese aktiwiteite in die afbreking van piesangpektien en -stysel om sap-en wynekstraksie en -verheldering te vergemaklik.Die spesifieke pektinolitiese ensieme wat vir hierdie studie gekies was, is Rapidase CB, Rapidase TF, Rapidase X-press en OE-Lallzyme.Hierdie kommersiële ensiempreparate het 'n noemenswaardige rol gespeel.Kommersiële proteases was bruikbaar vir waasstabilisering.Die oorhoofse doelwit van hierdie navorsing was om plaaslike piesangsap en -wyn deur middel van ensimatiese verwerkingstegnieke te verbeter en om die alkoholiese gisting daarvan na waardetoegevoegde, helder en rakstabiele produkte bestaande uit verhelderde sap en wyn te verbeter.Die fokus was op die toepassing van geselekteerde kommersiële ensiempreparate spesifiek vir die produksie van piesangsap en -wyn wat beter verhelder is.Die rede hiervoor is dat troebel piesangsap en -bier met 'n groot hoeveelheid gesuspendeerde vaste stowwe en 'n baie intense piesanggeur steeds op plaaslike en internasionale markte as minderwaardig beskou word en dus waardetoevoeging deur die vermindering van gesuspendeerde vaste stowwe en piesanggeur benodig.Die spesifieke doelwitte van die toepassing van kommersiële ensieme tydens die verwerking van piesangsap en -wyn en die ensimatiese effek op ander wesenlike v parameters is tydens hierdie studie bereik.Die navorsingsbevindings wat verkry is, kan 'n loodsprojek of 'n kleinskaalse bedryf in die piesangverwerkingsektor van stapel stuur en uiteindelik die oorhoofse doelwit van 'n verbetering in piesangsap enwyn vir kommersiële doeleindes bereik.vi DEDICATION This dissertation is dedicated to those whose efforts have culminated in this work: my late parents for their contribution to my upbringing and also to my late brother, Constante, whose constant (sometimes forceful) encouragement ensured that I attended school and ultimately obtain this degree.
Language: English
Subfield: Plant Science
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2096851662
