Work

The impact of technology on human resources management at the Breede Valley Municipality

Year: 2006
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMINGSuid-Afrika het 'n gebrek aan geskoolde arbeid wat verhoed dat die land ekonomies met die res van die wêreld kan meeding.In die apartheidsera is min geld aan die opleiding en ontwikkeling van werkers bestee.Die nuwe regering het wetgewing en verskeie programme ingestel om hierdie situasie reg te stel.Organisasies in Suid-Afrika begin nou besef dat 'n geskoolde arbeidsmag die potensiaal het om die organisasie 'n mededingende voorsprong te gee.In die verlede is opleiding en ontwikkeling as 'n uitgawe beskou, maar vandag besef baie organisasies dat die opleiding en ontwikkeling van werkers 'n belegging is.Opleiding en ontwikkeling is een van die vele take wat deur die Afdeling Menslike Hulpbronne binne 'n organisasie verrig word.Daar word ook van hierdie afdeling verwag om 'n groter strategiese rol binne 'n organisasie te speel.Daaglikse administratiewe take weerhou egter menige menslikehulpbronnebestuurders daarvan om wel 'n groter strategiese rol te speel.Tegnologie kan egter vandag die wyse waarop die Afdeling Menslike Hulpbronne hul daaglikse take uitvoer, vergemaklik.Daar is verskeie gerekenariseerde inligtingstelsels en programme op die mark wat vir hierdie doel gebruik kan word.Die heersende werkloosheid en swak ekonomiese toestande beïnvloed ook plaaslike owerhede.Baie plaaslike owerhede moet met 'n beperkte begroting'n gemeenskap van basiese behoeftes soos water, elektrisiteit, riolering en vullisverwydering voorsien en ook 'n rol in die ontwikkeling van die gemeenskap speel.Die gehalte van die dienste wat deur die munisipaliteit gelewer word, sal van die werknemers afhang.Dit is dus noodsaaklik om die vaardighede van die werkers te verbeter ten einde die gehalte van dienste aan die gemeenskap te verbeter.Tegnologie word toenemend deur munisipaliteite gebruik om dienslewering te verbeter.Met behulp van tegnologie kan rou data in bruikbare inligting omgeskakel word, wat deur besluitnemers gebruik kan word om 'n beter besluit rakende projekte te neem.v Met hierdie studie is die Breedevallei Munisipaliteit as gevallestudie gebruik.Die doelwitte van hierdie studie was om: a) te bepaal watter voordele gerekenariseerde inligtingstelsels vir werkers kan inhou; (b) te identifiseer hoe opleiding en ontwikkeling deur die munisipaliteit geimplementeer word; (c) die uitdagings, beperkings en voorstelle te identifiseer.'n Grondige literatuurstudie het die basis van die navorsing gevorm en is deur individule onderhoude met werknemers van die Breedevallei Munisipaliteit aangevul.Die Breedevallei Munisipaliteit is een van vele munisipaliteite in Suid-Afrika wat met beperkte finansiële bronne dienste aan hul gemeenskap moet lewer.Deur optimaal van tegnologie gebruik te maak, kan die Afdeling Menslike Hulpbronne van administratiewe take verlig word en 'n groter strategiese rol binne die munisipaliteit speel.
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2096880406
Cites: 29
Cited by: 1
Related to: 10