Attitudes towards Gender Equality and the Representation of Women in Parliament: A Comparative Study of South Africa, Uganda and Zimbabwe
Year: 2009
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Alhoewel geslagsgelykheid sigbaar is in baie sfere in Afrika lande word die toegang van vroue tot politieke instellings dikwels beskryf as stadig en ongelyk.In sub-Sahara Afrika-lande word hierdie neiging in besonder geassosieer met sosiale, kulturele en historiese hindernisse binne politieke instellings wat geslagsgelykheid in politieke leierskap en gelyke verteenwoordiging van vroue in die parlement belemmer.Die kwessie rondom geslagsgelykheid en die verteenwoordiging van vroue in die parlement is ʼn sterk debat op die Afrika kontinent en meer spesifiek in sub-Sahara Afrika-lande, hoofsaaklik as gevolg van verskillende kulturele tradisies en verskille in die fases van demokratisering.Dit is nodig om die houdings ten opsigte van geslagsgelykheid te evalueer om te bepaal of ʼn bevolking die beginsels van geslagsgelykheid aanvaar.Hiermee saam is die evaluering van die persentasie van vroue verteenwoordiging in die parlement ʼn belangrik aanwyser van die feit dat geslagsgelykheid deur die bevolking as ʼn belangrike beginsel beskou word.Ten einde die vlakke van geslagsgelykheid en die verteenwoordiging van vroue in die parlemente in sub-Sahara Afrika te meet, bespreek hierdie studie die houdings teenoor geslagsgelykheid en ʼn aantal van sy dimensies, naamlik vroue in leierskap posisies, gelyke opvoeding en die ekonomiese onafhanklikheid van vroue.Dit bestudeer ook die vroue verteenwoordiging in die parlemente in Suid-Afrika, Uganda en Zimbabwe.Hierdie studie poog verder om te bepaal of daar ʼn verbintenis -direk of indirek -bestaan tussen die houdings teenoor geslagsgelykheid en die aantal vroue verteenwoordigers in die parlemente van die lande onder bespreking.Die studie se doel is om vas te stel of positiewe houdings teenoor geslagsgelykheid verbind kan word met ʼn hoër persentasie van vroulike verteenwoordigers in die parlement.Vir vergelykende doeleindes, is die houdingspatrone en neigings teenoor geslagsgelykheid, soos gemeet in die die Wêreld Waardes Opname, ondersoek tussen die respondente in Suid-Afrika, Uganda en Zimbabwe.Die studie identifiseer ook vier onafhanklike veranderlikes, naamlik geslag, opvoedingvlak, woongebied (stedelik vs plattelands) asook ouderdom, in ʼn poging om sommige van die verskille in houdings teenoor geslagsgelykheid tussen die drie lande te verduidelik.v Die vernaamste bevindings sluit onder meer in dat: Suid-Afrika by verre die sterkste positiewe houdings teenoor geslagsgelykheid het in vergelyking met Uganda en Zimbabwe; en, dat daar ʼn hoër persentasie van vroue verteenwoordiging in die Suid-Afrikaanse parlement is, in vergelyking met Uganda en Zimbabwe.Die onafhanlike veranderlikes blyk redelike goeie voorspellers te wees van die verskille in houdings teenoor geslagsykheid regoor die drie lande.Die studie kom tot gevolgtrekking dat binne hierdie drie lande, positiewe houdings teenoor geslagsgelykheid verbind kan word met ʼn hoër persentasie van verteenwoordiging van vroue in die parlement, maar dat die teenoorgestelde -dat negatiewe houdings teenoor geslagsgelykheid verbind kan word met ʼn laer persentasie van verteenwoordiging van vroue in parlementnie ondersteuning in die data kry nie.
Author: Chantal Rowena Jacobs
Language: English
Subfield: Gender Studies
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2101359190
