UASB granulation enhancement by microbial inoculum selection and process induction
Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMING Anaërobe verteerde rioolslyk word dikwels gebruik as inokulum vir industriële opvloeianaerobe-slyklaag-(UASB) reaktors in die afwesigheid van anaërobe granules.Vanweë die vlokkige aard daarvan neem reaktoraanvang met verteerde slyk in die plek van granulêre slyk dikwels langer en hou dit verskeie bedryfsprobleme in.Enige metode om die granulasie van verteerde slyk te verbeter, sou voordelig wees vir UASBreaktoraanvang en -toepassing in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika.Die doelwit van hierdie proefskrif was om granulasie te verbeter en die UASBreaktoraanvangsperiode te verminder deur voorafbehandelde verteerde slyk as inokulum te gebruik.Die slyk is vooraf behandel gebasseer op die lotgranulasieverbeteringsmodel van Britz et al. (2002).Die hoofdoel van die model was om ekstrasellulêre-polimeer-(ECP) produksie van laktaatbenutters te bevorder deur die toepassing van korttermyn gekontrolleerde organiese oorbelading in 'n meganies vermengde omgewing.Die lotgranulasieverbeteringsproses (voorafbehandeling) is toegepas op 'n ECPproduserende organisme, Propionibacterium jensenii S1.Nie-metanogeniese korrels het gevorm tydens inkubasie van die loteenhede op 'n roltafel in plaas van 'n lineêre skudtafel.Groter en meer stabiele korrels is verkry in die teenwoordigheid van appelkoosuitvloeiselmedium.Voorlopige lotgranulasieverbeteringstudies het bevestig dat die gebruik van die roltafel as vermengingsmetode 'n positiewe uitwerking op die proses gehad het.Die roltafel het die grootste potensiaal getoon vir die hantering van groter volumes in vergelyking met 'n lineêre skudwaterbad en lineêre skudtafel.Die byvoeging van 450 mg.L -1 Fe 2+ aan die begin van die studie het ook korrelgetalle positief beïnvloed.Hierdie studies het getoon dat voorafbehandelingsresultate gewissel het, afhangend van die slykbron.'n Denaturerende gradiënt jelelektroforese (DGGE) metode is aangewend vir die opsporing van Archaea in verteerde slyke en UASB-granules.Daar is ook 'n metanogeniese merker, wat metanogene bevat wat belangrik is in die granulasieproses, saamgestel om identifikasie te bevorder.Die positiewe invloed van DMSO en "touchdown"-PKR op die voorkoming van vals dubbelbande in DGGE-patrone is ook aangetoon.Resultate het bevestig dat slegs een van die vier getoetste verteerde slyke vi Methanosaeta concilii (krities vir granulekernformasie) bevat het, terwyl dit aanwesig was in al die UASB-granules, ongeag die substraat tipe.Vier verteerde slyke is verkry vanaf stabiele sekondêre verteerders.DGGE het die teenwoordigheid van M. concilii in al die slyke getoon.Die Athlone 4Sb-slyk was die enigste slyk wat meetbare metanogene aktiwiteit tydens substraatafhanklike aktiwiteitstoetsing getoon het.Die ST-slyk het die grootste vermeerdering in vlugtige gesuspendeerde vastestowwe (VSS) partikels ≥0.25 mm 2 getoon.Albei slyke is aangewend as inokulums tydens laboratoriumskaal UASB-reaktorstudies en die reaktoraanvangsproses het beter verloop in die Athlone 4Sb-reaktor.Athlone 4Sb-slyklotte is vooraf behandel in 'n rol-lotreaktor in die aanwesigheid van óf laktaat óf sukrose en is gebruik om laboratoriumskaal UASB-reaktors B (sukroseslyk) en C (laktaat-slyk) te inokuleer.Aanvangsdoeltreffendhede is vergelyk met 'n kontrole (Reaktor A).In geheel was Reaktor B meer doeltreffend as die kontrole.Aan die einde van die studie het die Reaktor B-slyk 'n hoër metanogene aktiwiteit gehad as die kontrolereaktor.Dit het ook die grootste toename in VSS ≥1.0 mm 2 getoon.Voorafbehandeling van verteerde slyk in die aanwesigheid van sukrose het dus granulasie bevorder en die UASB-reaktoraanvangstyd verminder.
Author: Corné Lamprecht
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Field: Energy
Domain: Physical Sciences
Open Access status: green
Funder: Water Research Commission
OpenAlex ID: W2103367516
