Work

A critical evaluation of the dispute resolution functions of the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA)

Year: 2010
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Die hersiening van arbeidswetgewing was een van die transformasies wat plaasgevind het in post-apartheid Suid-Afrika.Die mees uitstaande produk van hierdie oefening, naamlik die nuwe Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) daargestel as 'n instelling vir statutêre geskilbeslegting.Gesien teen die agtergrond van die mislukkings van die vorige geskilbeslegtingstelsel het die skeppers van die KVBA probeer om effektiewe, toeganklike en kwaliteit geskilbeslegting met betrekking tot versoenings en arbitrasies te skep.Die KVBA het in November 1996 tot stand gekom en funksioneer vir die afgelope 13 jaar.Die literatuurstudie toon aan dat, in terme van effektiwiteit, die KVBA onderpresteer het vanaf sy ontstaan tot en met 2004.Ná 2004 het verbeteringe drupsgewys ingetree.Die literatuurstudie skets 'n negatiewe beeld met verwysing na die gehalte van geskilbeslegting: die KVBA verskaf nie 'n geskilbeslegting diens van gehalte nie.Die navorsing het sekondêre data vanaf die KVBA en primêre data van die partye betrokke by geskilbeslegting in die Kaapstad-kantoor van die KVBA ingesamel deur van 'n selfontwikkelde vraelys gebruik te maak.Die resultate toon dat die KVBA voortgaan om te groei en te bou op vorige suksesse ten opsigte van effektiwiteit: die KVBA handel versoenings en arbitrasies binne die statutêre tydsbepalings van 30 en 60 dae onderskeidelik af.Die resultate toon ook dat die KVBA toeganklik is: die respondente het die proses van arbitrasie as informeel ervaar.Die resultate toon ook dat die KVBA 'n kwaliteit geskilbeslegtingsfunksie verskaf.Alle respondente het die gehalte van versoenings positief beoordeel.Die resultate ten opsigte van effektiwiteit en toeganklikheid ondersteun die literatuurstudie.Die resultate ten opsigte van die gehalte van die geskilbeslegtingsfunksie is strydig met die literatuurstudie.Voortvloeiend uit hierdie bevindinge, word tot insiggewende gevolgtrekkings gekom en aanbevelings word gemaak vir gebruik deur die KVBA, asook vir toekomstige navorsing.for welcoming me into their premises and providing the needed assistance.Without his assistance, it would have been impossible to complete the research.I thank Prof. Malan and Prof. Theron of the Department of Industrial Psychology, for their involvement in my progress and for facilitating financial support for my studies.Without their support I would not have made it this far.I also thank Prof. Nel of the Centre for Statistical Consultation, for the invaluable assistance during the design of the questionnaire, as well as during data analysis.Lastly, I thank my family for their love and support.I must particularly mention Fr.Dr. Alfred Nsope, my "guardian angel", for his love, support, inspiration and the many sacrifices he makes for my sake; my mother, Mayi Monica Khuse, for her everlasting love
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2103831945
Cites: 25
Cited by: 2
Related to: 10