Work

An assessment of the implementation of teleradiology in the Eastern Cape towards the enhanced utilisation of the system

Year: 2010
Type: report
Abstract: Telegeneeskunde is die gebruik van inligtings-en kommunikasietegnologie om die eweredige verspreiding van gespesialiseerde gesondheidsdienste te bewerkstellig.In 'n ontwikkelende land soos Suid-Afrika waar daar 'n groot tekort aan mediese spesialiste is, is telegeneeskunde 'n innoverende oplossing om die verspreiding van hulpbronne soos hierdie spesialis kennis te bevorder.Die probleem is dat daar verskeie projekte die afgelope dekade in die land geloods is, maar hierdie projekte is selde volhoubaar en het 'n lae benuttings-graad.Projekte moet gemonitor en evalueer word om sodoende te verseker dat dit volhoubaar is en dat daar volkome aanneming van die stelsel in die verskeie organisasies is.Hierdie projek fokus op 'n spesifieke telegeneeskunde projek in Suid-Afrika, die teleradiologie stelsel in die provinsie van die Oos-Kaap .Die doel is om die implementering van hierdie stelsel te assesseer en 'n raamwerk te verskaf wat 'n bydrae sal lewer tot die verhoogte benutting van die stelsel.Die metodologie wat gevolg word is 'n omvattende literatuurstudie wat 'n breë perspektief bied op verskeie faktore wat 'n invloed het op die implementering van 'n teleradiologie stelsel.Die projek identifiseer vier hindernisse wat volhoubare implementering en aanneming van die stelsels keer, naamlik: tegnologiese, organisatoriese, gedrags-en ekonomiese hindernisse.Hierdie hindernisse word deur middel van die literatuur bespreek, en daar word dan in meer diepte gekyk na die hindernisse deur dit toe te pas op die stelsel in die Oos-Kaap.Hierdie toepassing volg na 'n besoek aan die Oos-Kaap in Junie 2010 saam met 'n projekspan van die Mediese Navorsingsraad en die Universiteit van Stellenbosch met die doel om telegeneeskunde in die provinsie te monitor en te evalueer.Tydens hierdie besoek is navorsing gedoen deur middel van vraelyste, onderhoude en waarnemings en waardevolle blootstelling aan die stelsel en die hospitaal-opset is verkry.Die vier implementerings versperrings en Oos-Kaap voorbeelde word dan geïntegreer deur 'n bespreking van die hele teleradiologie stelsel.Die assessering van die stelsel word afgesluit deur 'n ingenieurs uitgangspunt aan te neem as daar na verskillende oplossings gekyk word en dit evalueer word.Die hoop is dat hierdie projek 'n bydrae sal lewer tot die beskikbare literatuur aangaande die volhoubare implementering van teleradiologie en telegeneeskunde in 'n ontwikkelende land soos Suid Afrika en dat dit aan die besluitnemers en bestuurders in telegeneeskunde in die Oos-Kaap 'n oorspronklike perspektief op en 'n raamwerk vir die verbeterde implementering van die teleradiologie stelsel sal verskaf.
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2103903302
Cites: 37
Cited by: 2
Related to: 10