Year: 2007
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMINGToerisme roetes of netwerke is al geïdentifiseer as 'n manier om plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bevorder, dit kan tot die sosiale ontwikkeling van gemeenskappe bydra en ook bewaring van die omgewing bevorder.Om te kan bepaal of die ontwikkeling van roetes egter die beoogde uitwerking op die ekonomie, gemeenskappe en die omgewing het, moet 'n stel volhoubaarheidsaanwysers geïdentifiseer word om die aspekte te kan meet.Die mikpunt van die studie is om gepaste volhoubaardeidsaanwysers te identifiseer wat toegepas kan word op toerisme roete ontwikkeling in Afrika; om 'n metode te vind wat generiese en roete-spesfieke aanwysers kan identifiseer; en om die toepaslikheid van die aanwysers en metodes te toets deur 'n grondslag peiling te doen waar twee toerisme roetes as gevalle studies gebruik word.Die studiegebied is deel van die Kavango-Zambezi (KAZA) Oorgrenspark en sluit dele van suid-westelike Zambië en Caprivi strook in noord-oostelike Namibië in.Die doelwitte van die studie is om die boustene van 'n volhoubare toerisme-roete te identifiseer deur bestaande literatuur oor die onderwerp te bestudeer; om 'n raamwerk te bepaal waardeur generiese en roete-spesifike volhoubaarheidsaanwysers geïdentifiseer kan word; om toepaslike volhoubaarheidsaanwysers vir toekomstige roete-ontwikkeling te selekter wat gebruik kan word in die konteks van Afrika; en om 'n grondslag te bepaal vir die twee roetes wat as gevalle studies gebruik word, naamlik die Caprivi Wetlands Paradise roete en die Barotse Trails Route.Data is ingesamel deur gestruktureerde onderhoude en fokus groepe.Die data wat ingesamel is oor individuele besighede is saamgestel en kollektief aangebied per roete deur van volhoubaarheids-skattings-kaarte gebruik te maak.'n Metode om roete-spesifieke aanwysers uit te wys is bepaal deur van die "pressure-state-response" raamwerk gebruik te maak wat al voorheen gebruik is om omgewingsaanwysers te identifiseer.v Die resultate wys dat die volhoubaarheidsaanwysers wat in die studie geïdentifiseer is gebruik kan word om die algehele volhoubaarheid van toerisme roetes of netwerke te bepaal gebaseer op die ekonomie, gemeenskappe en die omgewing.Volhoubaarheidsskattings-kaarte is 'n goeie manier om inligting voor te stel aan rolspelers in 'n eenvoudige formaat wat maklik verstaan kan word.Die resultate wys ook dat die "pressure-state-response" raamwerk aangepas kan word om met die deelname van gemeenskappe volhoubaarheidsaanwysers uit te wys.Aanbevelings om die algehele volhoubaarheid en die funksionaliteit van roetes of netwerke te verbeter word gemaak.Die aanbevelings sluit die moontlike gebruik van geografiese inligting stelsels (GIS) om volhoubaarheids aanwysers te karteer in.
Author: Francois Viljoen
Language: English
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2106544616
