Year: 2007
Type: dissertation
Abstract: BESERINGS van die oppervlakkige digitale buigpees het 'n ernstige negatiewe impak op die meedingende perdebedryf.Beseerde perde benodig 'n rustydperk van tot een jaar, terwyl die waarskynlikheid van herbesering wanneer hulle tot normale aktiwiteit terugkeer so hoog soos 80 % kan wees.Die genesing van pese vereis (a) die produksie van kollageen deur fibroblaste, ten einde treksterkte en elastisiteit aan die sening te verleen, (b) 'n minimalisering in beperkende fibrose, wat glyfunksie van die sening teenwerk, en (c) 'n vermindering van peritendineuse aanhegting.Ons lewer 'n oorsig van konvensionele behandelings van peesbeserings voordat ons die toediening van stamselle as 'n terapeutiese alternatief ondersoek.Ons bevorder die gebruik van hematopoiëtiese en mesenchimale stamselle afkomstig van volwasse periferele bloed -in teenstelling met stamselle afkomstig van van beenmurg of embrioniese stamselbronne -en verskaf 'n oorsig van gepubliseerde navorsing in hierdie opsig.Ter afsluiting verskaf ons 'n opsomming van ons navorsingsdoelwitte en bespreek ons resultate in die daaropvolgende hoofstukke.Eenkernige selle -bestaande uit hematopoiëtiese stamselle, mesenchimale stamselle en leukosiete -is deur middel van rooibloedsellise en bloedplasma ekstraksie vanuit die periferele bloed van skape en perde geïsoleer.Seltellings en propidiumjodied kleuruitskakeling lewensvatbaarheidtoetse is op die sel-kapsule uitgevoer.Skaapsubmonsters is vir CD45-uitdrukking getoets en perd-submonsters is vir CD4 en CD11a/8 seloppervlakmerkers deur middel van vloei sitometerie gekarakteriseer.In beide gevalle is aparte submonsters met gepaste immunoglobulien (IgG) isotipes geïnkubeer wat aan fluoresseïen-isotiosinaat (FITC) gekonjugeer is om as kontroles te dien.Om eenkernige selle te kweek, is 4.5 x 10 6 selle geselekteer vir outoloë skaapinspuitings, 3 x 10 6 CD45 -selle vir allogeneïese skaapinspuitings (laasgenoemde uitsluitend leukosiete, wat 'n imuunreaksie kan induseer) en 72 x 10 6 selle vir perdinspuitings.Hierdie selle is met broomdeoksiuridien (BrdU) geïnkubeer, gekweek en submonsters is onttrek vir 'n tweede rondte seltellings en lewensvatbaarheidtoetse voordat hulle weer in bloedplasma gesuspendeer is.Vir die perdmonsters is 'n bykomende 1 x 10 6 eenkernige selle geïnkubeer totdat hulle 60 % samevloeiing getoon het en is daarna vir miogeniese differensiasie getoets.Lae selmortaliteit en 'n gebrek aan fluoressensie in die IgG-FITC kontroles het effektiewe protokolle aangedui en vals positiewe resultate uitgesluit.Die feit dat die perdselbevolking in spierbuisies gedifferensieer het, bevestig die teenwoordigheid van mesenchimale stamselle in ons inspuitings.vi Ons het getoets watter een van 'n chirurgiese snit en 'n kollagenase inspuiting 'n natuurlike peesbesering die beste naboots en het makroskopiese en mikroskopiese beskrywings van die ligging van peesbeserings sewe weke ná besering saamgestel.Daar is aan die oppervlakkige digitale buigpees van 27 skape 'n insnyding, kollagenase-inspuiting of 'n soutbevattende kontrole-inspuiting toegedien.'n Aantal van hierdie skape is ná een week uitgesit, terwyl die res nog soutbehandeling ontvang het en eers ná 'n bykomende sewe weke uitgesit is.Die pese is deur middel van kliniese waarnemings, beeldanalise van hul dwarssnitomtrek, meganiese toetse en histologiese snitte van die aangetaste weefsels ondersoek.Kollagenase-geïnduseerde beserings het natuurlike beserings beter as chirurgiesgeïnduseerde beserings nageboots.Kollagenase-beseerde pese (a) het 'n verlengde periode van mankheid in aangetasde ledemate veroorsaak, (b) was meer geswel en moeiliker palpeerbaar, (c) het die boogvorm wat kenmerkend van natuurlike beserings is, aangeneem, (d) het as gevolg van kollageenlise uitgebreide bloeding ondergaan, (e) het verminderde elastisiteit en 'n gepaardgaande verlies van vermoë om laste en stres te dra, ondervind, (f) het verminderde styfheid getoon as gevolg van kollageenveselskeuring en (g) het ernstige ontsteking ontwikkel.Ná sewe weke was daar verhoogde vaskularisasie in die areas waar bloeding voorgekom het, asook in die aanliggende kollageenmatriks.'n Hoë ontstekingstempo en lae kollageenvlakke het egter voortgeduur.Kollagenase inspuitings is gebruik om peesontsteking in die oppervlakkige digitale buigpese van 27 skape te induseer.Ná een week is hierdie senings met 'n kontrole soutoplossing, outoloë periferele bloed eenkernige selle of allogeneïese periferele bloed CD45 -eenkernige selle behandel.Die tempo van genesing is ná 'n verdere tydperk van sewe weke deur middel van ultrasonografiese evaluasies, kliniese waarnemings, beeldanalise van dwarssnitomtrek, meganiese toetsing en histologiese ondersoeke vergelyk.Senings wat met eenkernige selle behandel is, het 'n verbetering getoon in eggogenese en vesellineariteit, hoër en meer georganiseerde kollageenvlakke besit, sterker meganiese eienskappe gehad en minder swelling ondervind.Hoewel hierdie verbeterings nie altyd beduidend was nie, het hulle voldoende getuienis verskaf dat aansienlike genesingsvoordele oor die langer termyn moontlik is.Kollagenase inspuitings is ook gebruik om peesontsteking in die oppervlakkige digitale buigpese van vier perde te induseer.Ná een week is hierdie pese met óf 'n kontrole soutoplossing óf outoloë periferele bloed eenkernige selle behandel.Die tempo van genesing is ná 'n verdere periode van sewe weke deur middel van ultrasonografiese evaluasies, kliniese waarnemings, beeldanalise van dwarssnitomtrek en histologie ondersoek.Pese wat met vii eenkernige selle behandel is, het beduidende verbeterings getoon in vesellineariteit in die omgewing van die besering, asook in die tempo van genesing daarvan, en het minder swelling ondervind as onbehandelde pese.Die genesingstendense dui aan dat meer beduidende verbeterings waarskynlik duidelik sou word indien waarnemings vir 'n langer tydperk ná die besering sou voortduur.Dit is bekend dat menslike vetweefsel 'n toeganklike bron van groot getalle veelvermoënde mesenchimale is.Hierdie stamselle het die potensiaal om in die terapeutiese bevordering van peesregenerasie gebruik te word.Ons eerste doel was om die miogeniese differensiasiepotensiaal van vetafkomstige, adherente eenkernige selle van ses volwasse skape in vitro te ondersoek.Die tweede doel was om die bevolking van selle te karakteriseer, soos geïsoleer deur middel van verskillende beskikbare skaapspesifieke, nie-mesenchimale stamseloppervlakmerkers, naamlik, CD1, CD31, CD34 en CD45.Slegs vier van die ses kulture het na inkubasie begin prolifereer.Hierdie vier kulture het almal 'n hoë vermoë tot miogeniese differensiasie getoon.Die selbevolkings wat geïsoleer is, het nie enige van die nie-mesenchimale stamselspesifieke seloppervlakmerkers uitgedruk nie.Ter afsluiting: ons data dui daarop dat periferele bloedstamselle en vetafkomstige stamselle belangrike kandidaatselsoorte is vir terapeutiese toepassing wat pees herstel in perde en skape kan bevorder.Voldoende tyd moet toegelaat word na die besering en voor stamselbehandeling (ten minste een maand) en 'n beheerde oefenprogram moet na die behandeling gevolg word.'n Groter monster is nodig en daar moet 'n hersteltydperk van ten minste ses maande gevolg word voordat die makroskopiese en histologiese herstel meer akkuraat en beduidend geanaliseer kan word.Ultrasonografie moet voortdurend uitgevoer word omdat dit 'n ingreepsvrye metode is wat genesing oor tyd kan monitor.viii
Author: Aliki Veruschka Strydom
Language: English
Subfield: Cell Biology
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2110577975
