Work

Development of crosslinkable, thermoplastic polyurethanes for cardiovascular prostheses

Year: 2006
Type: dissertation
Abstract: Beskikbare termoplastiese poliuretane, wat gebruik word in die vervaardiging van kardiovaskulêre toestelle het nog nie 'n lang termyn rekord van biostabiliteit nie en is ook nog geneig tot geweldige plastiese deformasie, wanneer dit blootgestel word aan sikliese lading.Hierdie negatiewe aspekte is te wyte aan onder andere, die swak virtuele kruisbinding wat bewerkstellig word deur mikrofase skeiding.Die modifikasie en kovalente kruisbinding van beskikbare mediese graad poliuretane deur die gebruik van asiel chloriede word dus voorgestel om die eienskappe daavan te verbeter.In 'n model komponent studie is 'n toepaslike asiel chloried (4-pentenoiel chloried) gevind, bewys is gelewer van die suksesvolle reaksie met die karbamaat stikstof en die betrokke chemie is geoptimeer.Twee mediese graad poliuretane Pellethane ® 2363-80AE (Pellethane) en PurSil  35-80A (PurSil) is daarop volgens gemodifiseer met die 4-pentenoiel chloried.Die graad van modifikasie kon akkuraat beheer word tussen 4.5% tot 20.0% vir Pellethane en tussen 11.5% tot 18.5% vir PurSil.Die graad van modifikasie en kruisbinding is toe geoptimeer om die verlangde meganiese eienskappe (histerese) te verkry.Dit was moontlik om die histerese en kruip van die gemodifiseerde en gekruisbinde Pellethane met sowat 42.5% en 44.0%, onderskeidelik te verbeter, terwyl die histerese van die gemodifiseerde en gekruisbinde PurSil met sowat 12.9% verbeter is.'n In vitro degradasie studie is gebruik om die chemiese stabiliteit van Pellethane (kontrole) en die gemodifiseerde (15% gemodifiseerd) en gekruisbinde Pellethane (Pell15.0)te vergelyk.Die histerese van die gekruisbinde polimeer was ten minste 27.5% beter in vergeleke met die Pellethane en het ook beduidende weerstand gebied teen oppervlak degradasie, soos bestudeer met skandering elektron mikroskopie.Alhoewel die sagte segmente in beide poliuretane vatbaar is vir degradasie, was dit nie so merkbaar in Pell15.0 nie, weens die beperkte beweging van die kettings a.g.v die kruisbinding.Buisvormige konstruksies met klein diameter en met dieselfde draad en wanddikte is elektries geweef van Pellethane, deur van standaard tegnieke gebruik te maak.'n Nuwe "reaktiewe" weef proses is vervolgens gebruik om die 15% gemodifiseerde Pellethane in situ te kruisbind, terwyl die buisvormige konstruksie gevorm is.Dit word voorgestel dat die produksie van Pell15.0 opgeskaleer moet word om genoegsame produk te kan lewer om die ekstrusie van die materiaal moontlik te maak om sodoende die in vivo evaluering van bv.pasaangeër drade te kan ondersoek.'n Sirkulerende diere model bv.'n bobbejaan model, kan gebruik word in die veredere optimering van die geweefde pypagtige konstruksies.
Language: English
Subfield: Biomaterials
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2111865047
Cites: 76
Cited by: 1
Related to: 10