An evaluation of the Stellenbosch University Student Mentor Programme
Year: 2007
Type: dissertation
Abstract: Wêreldwyd het studente-sukses, toegang tot hoër onderrig en aanspreeklikheid van universiteite in gemeenskappe belangrik geword.Ten einde te voldoen aan die eise van 'n veranderende opvoedingsomgewing, het universiteite begin om intervensies soos mentorprogramme, addisionele onderrig en raadgewing te implementeer om oor 'n breë front ondersteuning aan studente te bied.Die Universiteit van Stellenbosch se Studente-mentorprogram (SMP) is in 2003 ontwerp en geïmplementeer om van die probleme wat eerstejaars ervaar aan te spreek.Die monitering van die program met die gepaardgaande uitkomste het 'n omvattende evaluering daarvan genoodsaak.Die bespreking van verskeie teoretiese paradigmas vorm die agtergrond waarteen die meervoudige betekenis van die konsep mentorskap en die vele toepassings daarvan verstaan kan word.Dit word benadruk dat daar nie 'n metanarratief of grootse struktuur bestaan wat al die doelstellinge en kontekste van mentorskap omvat nie.Die mees ooglopende teorieë waarin mentorskap pas, is die funksionalistiese en die radikale humanistiese paradigmas, met die konstruktivisme as belangrike katalis wat die prosesse, prosedures en aksies betref.Die huidige bepreking daarvan is ook nie 'n poging om 'n finale antwoord oor die "plek" van mentorskap in sosiale teorie te verskaf nie, maar is bloot die daarstel van 'n plooibare struktuur waarin hierdie aksies kan plaasvind.Die evaluering van die Studente-mentorprogram het gedurende 2005 plaasgevind.Vraelyste en onderhoude is gebruik om die effektiwiteit van die program te bepaal ten opsigte van beide operasionalisering en uitkomste.Die program is hoogs gestruktureerd, en word bestuur aan die hand van die stappe uiteengesit in 'n logiese model.Die logiese model dien ook as die evalueringsraamwerk.Daar is twee teikengroepe in die program, naamlik die mentors (senior studente) en die mentees (hoofsaaklik eerstejaars), georganiseer in klein groepe elk met 'n portuurmentor.Die monitering en evaluering van die SMP toon duidelik die voordele van groep-interaksie tussen studente, met beduidende positiewe akademiese en psigososiale resultate vir diegene wat die groepsessies gereeld bywoon.Die korttermyn-uitkomste dui nie slegs op die positiewe akademiese effek van die program nie, maar ook op positiewe studente-ervaring en -prestasie.Dit blyk duidelik dat die groep in die mentorsituasie 'n belangrike ontwikkelende en sinergistiese rol vervul.Hoewel die hoofdoel van die ontwerp, implementering en evaluering van die program die aanspreek van die hoë druip-en uitvalsyfers onder eerstejaars was, het dit baie ander positiewe uitkomste op vele vlakke gehad, byvoorbeeld die ontwikkeling van die mentors self.Die sukses van die program kan gesien word as 'n strategie van waarde-toevoeging tot die universiteit se leer-en onderrigomgewing, sowel as 'n koste-effektiewe intervensie om studente in hoër onderrig te behou.
Author: Anna G. J. Loots
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Education
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2112937909
