A comparative study of the determinants of bonestrength and the propensity to falls in black andwhite South African women
Year: 2008
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: The comparative study presented in this dissertation specifically aimed to assess fracture risk in black (Xhosa) and white South African women by evaluating known determinants of bone strength as well as the propensity to falls.We thus compared the prevalence of clinical (historic) risk factors for osteoporosis, measured and compared vertebral and femoral bone mineral density (BMD) employing dual energy X-ray absorptiometry (DEXA), ultrasound variables using the Sahara sonometer, serum parathyroid hormone (PTH) and 25-OH Vitamin D, mineral homeostasis and modern biochemical markers of bone turnover, bone geometry and the propensity to falls.Finally, we determined the prevalence of vertebral fractures in these black and white South African females.OP or falls.However, in blacks, only femoral BMD served as risk factor.Similar risk factors for blacks and whites cannot therefore be assumed and is deserving of further study.White fracture cases did not fall more despite lower 25-OH-Vitamin D, poorer physical performance and lower activity levels than non-fracture cases.Calcaneal ultrasonography and biochemical parameters of bone turnover were similar in fracture and non-fracture cases in both ethnic groups.Our study data on vertebral fractures in this cohort of urbanized blacks thus cautions against the belief that blacks are not at risk of sustaining vertebral compression fractures and emphasize the need for further studies to better define fracture prevalence in the different ethnic populations of South Africa. 9.In our study, hormone therapy in postmenopausal white women improved bone strength parameters and reduced fall risk.In hormone treated whites compared with non-hormone users, a higher BMD at the spine and proximal femur as determined by DEXA were documented and all QUS measurements were also significantly higher.The biochemically determined bone turnover rate, as reflected by serum osteocalcin levels, was lower in hormone users.Fall frequency was lower in the older hormone treated women (≥ 60yrs) and greater quadriceps strength and reduced lateral sway was noted.Only one patient amongst the hormone users (2%) had radiological evidence of vertebral fractures compared with four patients (6%) amongst the never-users.As hormone therapy was used almost exclusively by whites in this study population, the impact of hormone therapy on postmenopausal black study subjects could not be assessed.v OPSOMMING Die doel van die vergelykende studie vervat in hierdie verhandeling was om fraktuur-risiko in swart en wit Suid-Afrikaanse vroue te bepaal en te vergelyk via die evaluasie van bekende beensterkte parameters en beoordeling van hul neiging tot valle.Swart en blanke Suid-Afrikaanse vroue is derhalwe vergelyk ten opsigte van die prevalensie van bekende kliniese (historiese) risikofaktore vir osteoporose (OP), vertebrale en femorale beenmineraaldigtheid (BMD) gemeet met behulp van dubbel-energie-X-straal-absorptiometrie (DEXA), ultraklank parameters bepaal met die Sahara sonometer, biochemiese bepaling van serum paratiroiedhormoon, 25-OD-Vitamien D, mineraal homeostase en moderne biochemiese merkers van beenomset sowel as been-geometrie en die valneiging.Die prevalensie van vertebrale frakture in hierdie twee etniese studiegroepe is ten laaste ook bepaal en vergelyk.1. Betekenisvolle etniese verskille in die teenwoordigheid en frekwensie van historiese kliniese-en lewenstyl risikofaktore is genoteer.Swart vroue het 'n hoër liggaamsgewig en is korter, hul dietêre kalsium-inname is laer, hul is meer onaktief, verkies depot medroksiprogesteroonasetaat as kontraseptiewe modaliteit en is van hoër pariteit.Wit vroue rook meer, verkies orale estrogeen-bevattende kontraseptiewe tablette en het 'n hoёr voorkoms van familiële OP.Hormoonterapie is feitlik uitsluitlik in wit postmenopousale vroue gedokumenteer.Die etniese verskille in liggaamsgewig, fisiese aktiwiteitsvlakke en pariteit was mees uitgesproke in die ouer studiepasiënte.2. Piek vertebrale BMD was laer, maar piek femorale BMD soortgelyk of hoër (afhangende van die spesifieke proksimale femorale area gemeet) in swart vergeleke met wit Suid-Afrikaanse vroue.Die laer piek vertebrale BMD in swart vrouens was hoofsaaklik toeskryfbaar aan die laer vertebrale beenmineraaldigtheid in die subgroep van swart premenopousale vroue met normale tot lae liggaamsgewig.Hierdie bevinding was aanduidend van óf 'n beskermende rol van obesiteit teen die ontwikkeling van 'n lae vertebrale BMD óf dat obesiteit die bereiking van optimale piek vertebrale BMD potensieër.'n Oënskynlike stadiger afname in beide vertebraleen femorale BMD met veroudering is verder gedokumenteer in swart vrouens vergeleke met wit vroue in hierdie deursnit studie -'n observasie wat bevestiging benodig in longutidinale opvolgstudies.Hierdie stadiger afname in BMD word weerspieël in die bevinding van soortgelyke vertebrale BMD en betekenisvolle hoër femorale BMD in postmenopousale swart vroue vergeleke met wit vroue.Soortgelyke resultate word verkry wanneer die volumetries berekende vertebrale en femorale nek vi beenmineraaldigtheid van die twee etniese groepe met mekaar vergelyk word.Vertebrale volumetries berekende beenmineraaldigtheid is soortgelyk in swart en wit vroue, maar die volumetries berekende beenmineraaldigtheid van die femorale nek konsekwent hoër in swartes in al die bestudeerde menopousale subgroepe.'n Betekenisvolle korrelasie tussen gewig en piek-sowel as postmenopousale BMD van alle gemete skeletale areas was aantoonbaar in die swart-en wit studiegroepe.Die oënskynlik stadiger tempo van beenverlies in swart postmenopousale vroue mag deels toeskryfbaar wees aan hul hoër liggaamsgewig, asook die beter behoud van hul liggaamsgewig met veroudering.Verskille in beenmineraaldigthede tussen swartes en wit vroue in hierdie studie was inderwaarheid grotendeels verklaar deur verskille in liggaamsgewig en nie die gevolg van etnisiteit per se nie. 3. 'n Lae liggaamsgewig en gevorderde ouderdom is in hierdie studie geїdentifiseer as die belangrikste individuele kliniese risikofaktore vir osteopenie in ons swart en blanke vroue, terwyl fisiese onaktiwiteit ook as belangrike risikofaktor vir osteopenie in swartes alleen aangetoon is.Risiko-assesseringsinstrumente, ontwikkel en bevestig in Asiatiese en Europese populasies toon lae sensitiwiteit vir identifikasie van SA vroue met verhoogde risiko vir osteopenie.Die Osteoporose Risiko-Assesseringsinstrument (ORAI) vertoon die beste in ons studiepopulasie, met 'n sensitiwiteit vir identifikasie van osteopeniese wit vroue in die omgewing van 80% (78-81%).Tellings gebruik in hierdie risiko-assesseringsinstrumente blyk meesal ontoepaslik te wees vir ons fisies groter studiepopulasie, veral ons swart vroue, met gevolglike onakkurate risiko stratifikasie en swak toets sensitiwiteite.Risikofaktor kombinasies, geїdentifiseer by wyse van algemene diskriminant analise vir gekombineerde voorspelling van osteopenie, vertoon beter sensitiwiteite ten opsigte van die identifikasie van osteopenie vir alle skeletale areas in swartes vergeleke met die risiko-assesseringsinstrumente geëvalueer.4. Hoёr waardes van ultrasonografies gemete breёband ultraklank attenuasie (BUA) en spoed van klank (SOS) is gedokumenteer in ons ouer swart vroue vergeleke met wit vroue.Hierdie hoёr waardes in swartes is bevestig selfs na korreksie vir etniese verskille in DEXA gemete vertebrale en femorale BMD.In kontras met 'n oёnskynlik betekenisvolle verswakking van beide BUA en SOS parameters in wit vrouens met veroudering, is geen betekenisvolle afname in hierdie parameters in swartes gedokumenteer nie.Indien hierdie ultraklank parameters kwalitatiewe aspekte van been meet in ons swart populasie, onafhanklik van BMD, soos vantevore gesuggereer in Kaukasiёrs, impliseer hierdie bevindings 'n beter behoud van beenkwaliteit in vii verouderende swart vroue vergeleke met wit vroue.Die korrelasie tussen kwantitatiewe ultraklank gemete kalkaneale BMD en vertebrale sowel as femorale BMD soos gemeet met behulp van DEXA, was matig ten beste, en ultraklank gemete BMD dus by onvermoё om DEXA gemete BMD van die klinies relevante fraktuurareas te voorspel in ons studiepopulasie.5. Biochemies bepaalde beenomset was soortgelyk in die totale pre-en postmenopousale swart en wit studiegroepe.Oёnskynlike etniese verskille in die tempo van beenomset met veroudering is egter aangetoon.'n Laer beenomset is genoteer in swart vroue ten tye van die menopousale oorgang en verenigbaar met die bevinding van 'n laer persentasie femorale beenverlies in swart vroue vergeleke met wit vroue.'n Toename in beenomset is slegs aangetoon in swart, ouer postmenopousale vroue.Hierdie bevinding kan gedeeltelik verklaar word op grond van 'n meer negatiewe kalsium-balans en derhalwe meer uitgesproke sekondêre hiperparatireose in swartes vergeleke met wit vroue.Nadelige effekte van sekondêre hiperparatireose op proksimale femorale beenmineraaldigthede is wel aangetoon in ons postmenopousale swart vroue en weerspreek die idée van 'n absolute skeletale weerstandigheid teen paratiroiedhormoon in swartes.'n Toename in beenomset, vanweё 'n onderliggende negatiewe kalsium-balans en sêkondere hiperparatireose, mag dus potensieёl beenverliese, veral van die proksimale femorale areas, aksensueer in verouderende swartes.6. Korter, volwasse Suid-Afrikaanse swart vroue het 'n betekenisvolle korter heup-axislengte (HAL) as wit vroue.Hierdie geometriese bevinding is vantevore in die literatuur gedokumenteer om beskerming te verleen teen die opdoen van heupfrakture.Die nagenoeg een standard deviasie verskil in HAL tussen swart en wit vroue mag derhalwe betekenisvol bydra tot die laer heupfraktuur-risiko soos voorheen gerapporteer in SA swart vroue vergeleke met wit vroue.Gemiddelde vertebrale grootte was egter kleiner in swart vroue en derhalwe by onvermoё om die skynbaar laer vertebrale fraktuur-risiko, vroeёr gedokumenteer in SA swartes, te verklaar.Etniese ver
Author: Magda Conradie
Language: English
Subfield: Orthopedics and Sports Medicine
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2115990427
