Work

Women and the management of household food security in Paternoster

Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: Hierdie studie fokus op sosiale verhoudings van gender wat verband hou met voedsel, deur'n verkenning van vroue se bestuur van voedsel en voedselsekerheid in arm huishoudings in Paternoster, 'n klein vissersgemeenskap aan die weskus van die Wes-Kaap Provinsie van Suid-Afrika.My studie verken hoe vroue die daaglikse voorsiening, bestuur en verspreiding van voedsel navigeer in 'n konteks van beperkte hulpbronne, met 'n begrip van voedsel as lewensmiddele sowel as geïmpliseer in prosesse waarin gender-norme en 'n gerigtheid op 'ordentlikheid' onder moeilike ekonomiese omstandighede gevestig en onderhou word.Een van die belangrike strategieë wat deur en tussen vroue in huishoudings in Paternoster onderneem word om voedselsekerheid te verseker is die vestiging en onderhouding van voedselnetwerke (foodways) in en tussen huishoudings.'n Verkenning van voedselnetwerke tussen huishoudings werp lig op die verskeidenheid sosiale netwerke wat in Paternoster bestaan en die belangrike rol van vroue in hierdie netwerke.Paternoster is 'n plek waar die navigasie van hierdie kwessies ingelig word deur die lang geskiedenis van bestaansvissery in die gebied sowel as die simboliek wat aan vis en visvang geheg word in die wyses waarop die plaaslike gemeenskap met die uitdagings van voedselsekerheid handel.Wat van besondere belang is, is hoe vroue individuele en huishoudelike voedselsekerheid in Paternoster bestuur in die lig van die bestaande gender-dinamika met betrekking tot die produksie, versameling en gebruik van voedsel.Die skerp historiese geslagsverdeling van arbeid het beteken dat vroue tradisioneel betrokke was in die voor-en na-oes proses, eerder as in die werklike vang van vis.Hierdie studie word ook gemotiveer deur kommer oor die impak wat die veranderende visseryomgewing op voedselsekerheid en sosiale verhoudings in hierdie dorpie het.Een van die belangrikste gevolge van hierdie veranderinge is die gevoel van dreigende voedselonsekerheid wat deur talle huishoudings ondervind word.Die toename in meganisering in die aktiwiteite rondom die gebruik van mariene hulpbronne, die drastiese veranderinge in visserybeleid en die toekenningsproses van visregte asook die afname in visbronne impakteer sistemies op die sosiale sisteme en ervaring van die mense wat sterk afhanklik was van die visindustrie in Paternoster vir hul leeftog afhanklik was en nog steeds is.Paternoster het die ontwikkeling van nuwe bronne van werk ervaar as gevolg van die groei van toerisme.Dit het aan vroue veral nuwe werksgeleenthede gebied, insluitend werk in gastehuise en restourante.Hierdie werk was egter op die lae loonvlak.In hierdie konteks is die bestuur van voedselsekerheid binne die huishouding en tussen huishoudings, deur die handhawing van foodways en gevestigde voedselnetwerke hoofsaaklik die verantwoordelikheid van vroue.
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2116589430
Cites: 48
Cited by: 2
Related to: 10