Work

Verset in dramas deur Deon Opperman : Donkerland, Kruispad, Ons vir jou en Kaburu

Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: Die verhandeling ondersoek die wyse waarop Deon Opperman die versetmotief in sy Afrikanerdramas uitbeeld en vernuwe om die veranderende sosiale omgewing te weerspieël. Hoofstuk 1 verskaf ‘n oorsig oor verset as leefwyse en motief in die Afrikaanse drama. Hoofstuk 2 bied ‘n teoretiese ondersoek van The theatre of revolt (Brustein 1991), ’n bespreking van begrippe soos herskrywing, multikulturalisme, \nmoderne diaspora en globalisasie sowel as ‘n kontekstuele studie van Deon Opperman se Afrikaanse oeuvre. Hoofstuk 3 (Donkerland) fokus op verset binne ‘n postkoloniale herskrywing van die Afrikanergeskiedenis. Hoofstuk 4 (Kruispad en Ons vir jou) sentreer rondom sosiale verset binne ‘n multikulturele omgewing, terwyl hoofstuk 5 Kaburu as weerkaatsende teks en die aktuele kwessie van die moderne diaspora as \nversetreaksie aanspreek. Die verhandeling kom tot die slotsom dat Opperman versetteater gebruik om kommentaar op aktuele probleme te lewer en om terselfdertyd‘n boodskap van transformasie oor te dra.
Language: Afrikaans
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2118691658
Cites: 21
Cited by: 1
Related to: 9