Work

Contesting space in urban Malawi: A Lefebvrian analysis

Year: 2014
Type: dissertation
Abstract: Cities in Malawi continue to be sites and spaces of resistance, struggle and contest over urban spaces.Since the introduction of colonial modernist planning with its adherence to segregation through functional zoning, homogenisation, and fragmentation of urban areas, squatting and land invasions on urban land have remained one of the widespread struggles for space in urban Malawi.Continued occurrence of squatting, land invasions, and encroachments on urban land reflect the inability of urban planning and its attendant land policies to provide land and housing to the majority of urban dwellers mainly the middle income as well as the marginalised urban poor. OPSOMMINGStede in Malawi is nog steeds plekke en ruimtes waar daar weerstand, worsteling, en konflik i.v.m. grond plaasvind.Sedert die invoer van koloniale, modernistiese beplanning wat assosieer word met segregasie deur middel van funksionele streekindeling, homogenisasie,en fragmentasie van stadsgebied, is plakkery en beslaglê op grond in stede algemeen in die stede van Malawi.Die aanhoudendende voorkoms van plakkery, indringing en oortreding op grond reflekteer die die onvermoë van stedelike beplanning en grond beleid om grond en behuising aan die meerderheid van die stedelike burgers , meestal die middelinkomste klas en die gemarginaliseerde stedelike armes te verskaf.Die regering het nie oor die jare daarin geslaag om die kwessie van konflik oor grond in stedelike areas suksesvol aan te spreek nie, dit ten spite van die feit dat daar toenemend meer gevalle van konflik en meededingende grondeise bestaan, asook onteiening in stedelike en omstedelike gebiede.Hierdie konflikte manifesteer in plakkery en indringery in staatsgrond wat lei tot die totstandkoming van nie-amptelike nedersettings.In stedelike gebiede het pogings om hierdie kwessies aan te spreek gelei tot onteiening,eiendomsreg-programme, grondhervormings-programme, gedwonge uitsettings, asook gebiede waar daar net grond en dienste verskaf word.Nogtans vind daar plakkery en indringing plaas.Met betrekking tot stedelike Malawi is die vraag: Hoekom is stedelike beplanning soos dit begryp word (d.w.s. as 'n denkwyse en ruimte-praktyk) die skepper en nie die bemiddelaar van konflik oor grond in stede nie?Daar is gepoog om hierdie vraag te beantwoord deur gebruik te maak van Lefebvre se drieledige konsep van die produksie van ruimte, om sodoende 'n in-diepte begrip te verkry van die teenstellings tussen mense se konsepsies en alledaagse praktyke met betrekking tot ruimte, en die beplanners se konsepte van ruimte wat die gevolg is van koloniale, post-koloniale en neoliberale sienings, en hoe dit lei tot 'n aanhoudende konflik oor stedelike grondgebied in Malawi.Strategieë en taktieke wat deur inwoners gebruik word om ruimte te skep en te verdedig teen moontlike onteiening deur die staat, word ondersoek.Laastens word die lewende ondervindings van die stadsbewoners ondersoek, asook die veelvoudige betekenisse wat hulle heg aan die ruimtes wat hulle bewoon.Hoe hulle hierdie betekenisse gebruik om die oorname van hierdie spasies deur die staat, te beveg en terselfdertyd hulle eie ruimtes te skep.Die gemengde-metode benadering is gebruik om geodata, kwantitatiewe en kwalitatiewe data in die twee buurtes van Soche West (Blantyre ) en Area 49 (Lilongwe ) waar daar aanhoudende spanning oor grond tussen die staat en die stadsbewoners is, aan te spreek.Primêre bronne van data sluit huishoudelike opnames, fokus groepbesprekings, sleutelinformant onderhoude, dokumentêre bronne, observasie,en elektroniese en gedrukte media in.Omdat daar so baie data is, is drie sagtewares, naamlik SPSS, ATLAS.ti, and ArcGIS 9.3 TM GIS gebruik vir die ontleding van kwantitiewe, kwalitatiewe en ruimtelike data onderskeidelik.Inhouds-en diskoers analise is ook gedoen om die regeringsdokumente en koerantartikels te ontleed.Daar is gevind dat alhoewel beplanningsdenke en -praktyk oorheers word deur ingevoerde, modernistiese konsepte van ruimtes, kry die owerhede dit nie reg om die bewoners te oorreed om hulle siening van stedelike ruimte te aanvaar nie.Daar is tydens die navorsing bevind dat die owerhede die volgende kwessies moet aanspreek: menslike en tegniese bekwaamdede, korrupsie, lomp burokratiese prosedures, uitgediende en weersprekende wette en beleide, die kompleksiteit van grondregte, swak toepassing van wette, politieke invloed, en die opkoms van die
Language: English
Subfield: Urban Studies
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2119048377
Cites: 262
Cited by: 17
Related to: 10