Work

The relationship between self-concept, self-efficacy, emotional state, weight perception and food choice : implications for marketers based on a Generation Y sample

Year: 2011
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Numerous individuals daily partake in injurious consumption, such as excessive or unhealthy food choices.Individuals' incorrect food choices can have a negative effect on their weight, health and general quality of life.Marketers could and should play a pivotal role in influencing consumers' food ultimately improve consumers' food choice. 1 College-or university-aged individuals are 18 to 24 years old.Opsomming iii OPSOMMING Verskeie individue neem daagliks deel aan nadelige verbruik, met inbegrip van oormatige of ongesonde voedselkeuses.Individue se foutiewe voedselkeuse kan hul gewig, gesondheid en lewensgehalte negatief beïnvloed.Bemarkers kan en behoort 'n belangrike rol te speel om individue te oortuig om gesonde voedselkeuses te maak.Die doel van hierdie navorsing was om die verhouding tussen self-konsep en voedselkeuse, selfekwiteit ('self-efficacy') en voedselkeuse, emosionele toestande en voedselkeuse en gewigspersepsie en voedselkeuse te ondersoek en om die implikasies hiervan gebaseer op hierdie bevindings aan bemarkers voor te lê.ʼn Steekproef van 383 lede van Generasie Y het 'n vraelys ingevul wat ontwerp is op grond van vorige navorsing.Respondente se gewigspersepsie is ook bestudeer aangesien verskeie studente (universiteitsouderdom) van Generasie Y poog om hul gewigspersepsie te verander deur middel van hul voedselkeuses.Respondente se voedselkeuses is vergelyk met die voedselkeuses wat aanbeveel word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid (Department of Health 2009).Op grond van die vergelyking is bevind dat bemarkers ʼn afname in individue se vleisinname, en ʼn toename in individue se melk-, vrugte-, groente-en styselinname behoort te bevorder.Die ondersoek het getoon dat daar klein, maar beduidende verhoudings aangetref is tussen respondente se spesifieke voedselkeuses en self-konsep, self-effektiwiteit, emosionele toestande en gewigspersepsie.Bemarkers kan hierdie verhoudings in hul bemarkingsveldtogte en handelsmerk-slagspreuke inkorporeer.Nog ʼn beduidende resultaat was dat die manlike respondente ʼn hoër ideale gewig as hul huidige gewig aangedui het, terwyl vroulike respondente ʼn laer ideale gewig as hul huidige gewig aangedui het.Die resultate toon ook dat daar vir beide mans en vroue van Generasie Y ʼn verhouding tussen self-konsep en gewigspersepsie is.Deur middel van hierdie studie is kennis rakende die voedselkeuses van ʼn steekproef van Generasie Y uitgebrei.Aan die hand van die verhoudings tussen voedselkeuse en respondente se self-konsep, self-effektiwiteit, emosionele toestande en gewigspersepsie, is daar aanbevelings vir bemarkers gemaak.Hierdie aanbevelings sal uiteindelik bydra tot die verbetering van Generasie Y se voedselkeuses.Dankbetuigings iv DANKBETUIGINGS Ek wil graag die onderstaande persone bedank, wie se ondersteuning en aanmoediging ek baie waardeer en altyd sal onthou: * Eerstens aan my Hemelse Vader en Jesus Christus, aan wie die lof en eer toekom.Aan Sy liefde en genade is daar geen einde nie! * Aan my studieleiers, prof.Ronel du Preez en dr.Marlize Terblanche-Smit, wat in my bly glo het, dankie vir u harde werk, geduld en moeite met my studie!* Dankie aan prof.Martin Kidd, wat my gehelp het met die verwerking van my data.Dankie dat u altyd vriendelik was en bereid was om te help
Language: English
Field: Nursing
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2119919908
Cites: 110
Cited by: 1
Related to: 9