'n Behoefte-analise as eerste fase in die ontwerp van 'n taakgebaseerde sillabus vir Afrikaanstweedetaalonderrig opuniversiteitsvlak
Year: 2010
Type: article
Abstract: Die implementering van 'n meertalige taalbeleid in Suid-Afrika vereis die leer en onderrig van Afrikaans as 'n tweede of addisionele taal -meer spesifiek die onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes aan volwasse leerders.Laasgenoemde het nie veel aandag binne die Suid-Afrikaans konteks ontvang nie, veral navorsing oor die leer en onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes binne universiteitskonteks. My navorsing oor Afrikaans as 'n tweede taal het as raamwerk taakgebaseerde taalleer en onderrig (Ellis 2003 en Nunan 2004).Die navorsing fokus op die uitdagings wat vir studente binne 'n multitalige universiteitskonteks voorlê en hoe taakgebaseerde onderrig in hierdie behoeftes en uitdagings kan voorsien.Volgens die Kognisiehipotese van Robinson (2001aRobinson ( , 2001bRobinson ( , 2003Robinson ( , 2005Robinson ( , 2007) ) is die beginpunt vir pedagogiese taakontwikkeling 'n behoefte-analise met teikentake as uitkomste.Vir die doel van hierdie artikel is 'n behoefte-analise onderneem deur middel van vraelyste en onderhoude met studente aan 'n universiteit.Die behoefte-analise toon dat studente wie se eerste taal nie Afrikaans is nie, die behoefte het om Afrikaans te verwerf ten einde suksesvol te kan kommunikeer met medestudente en dosente aan die universiteit.
Author: Elbie Adendorff
Language: Afrikaans
Subfield: Language and Linguistics
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2121670278
