Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMING Inleiding Verminderde heup ekstensie in die verlamde been is 'n algemene aantasting na beroerte.Gluteale verbinding van die aangetaste been is een tegniek om heup ekstensie van die hierdie been sowel as treelengte van die ongeaffekteerde been te vermeerder.Die doel van hierdie studie was dus om die effek van gluteale verbinding op ander tempero-ruimtelike en kinematiese parameters met 'n drie-dimensionele bewegingsanalise sisteem (die Movensisteem) verder te ondersoek.Metode Die studie is in 2 fases uitgevoer.Fase 1 het die bepaling van die toets her-toets betroubaarheid van die Movensisteem behels.Agt proefpersone is gewerf en is twee keer getoets tydens selfgeselekteerde normale loopspoed en twee keer tydens maksimale loopspoed.Fase 2 het die ondersoek van die effek van gluteale verbinding op temperoruimtelike en kinematiese parameters behels tydens selfgeselekteerde loopspoed.Dertig proefpersone het aan hierdie fase deelgeneem en is getoets met drie verskillende verbindingstrategieë nl.geen -; met terapeutiese -; en met plasebo verbinding.Die 'Intraclass correlation coefficient (ICC)' is gebruik om betroubaarheid tussen meetings van die Movensisteem te bepaal.'Repeated measures-ANOVA' is gebruik om die temperoruimtelike en kinematiese veranderlikes tussen die drie verbindingsmetodes te analiseer.Resultate Die Movensisteem het goeie tot uitstekende betroubaarheid getoon in die meet van die gekose loop parameters insluitend die laterale pelviese tilt.Verbinding van die verlamde been het tot 'n beduidende toename in heup ekstensie en 'n afname in knie fleksie tydens terminale staanfase van loop gelei.Daar was 'n matige tendens tot toename in heup fleksie tydens hak kontak van die staanfase asook 'n effense nyging tot meer plantaarfleksie tydens terminale staanfase.Terapeutiese en plasebo verbinding het gelei tot 'n toename in die treelengte van beide bene asook 'n beduidende toename in loopspoed en kadens.vi Gevolgtrekking Gluteale verbinding kan voordelig wees vir die verkryging van belangrike kliniese effekte in pasiënte na 'n beroerte aanval.Verbinding kan ook gebruik word as 'n behandeling strategie tydens loop rehabilitasie.Verdere navorsing is noodsaaklik om die meganismes te bepaal wat verantwoordelik is vir die effekte van verbinding.Toekomstige navorsing behoort ook gerig te word op die effek van verbinding op spieraktivering en kinetiese faktore.
Author: Wasim Labban
Language: English
Subfield: Rehabilitation
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2128873356
