Year: 2008
Type: dissertation
Abstract: Een van die sleutelkriteria vir die seleksie van 'n potensiële probiotikum is die vermoë van die selle om aan die gasheer se gastro-intestinale weg vas te heg en te koloniseer.Probiotika kompenteer vir reseptorsetels op die oppervlak van die gasheer se ingewande en verhinder sodoende die kolonisering van patogene en daaropvolgende infeksies.Aanvullend tot bogenoemde word verskeie belangrike intestinale funksies tydens vashegting van die probiotiese selle aan die gasheer gestimuleer.Ten spyte hiervan geniet die molekulêre meganismes en genotipiese karakterisering van adhesie-elemente relatief min aandag in vergelyking met baie ander aspekte van navorsing op probiotika.Die eerste gedeelte van die studie fokus op die uitdrukking van die gene mub, mapA en die adhesie-tipe faktor EF-Tu wat vir hegting aan mukus kodeer, asook die bakteriosien-geen plaA van Lactobacillus plantarum 423.Die uitdrukking van mub, die slp-geen wat kodeer vir produksie van seloppervlak proteïene, en EF-Tu van Lactobacillus acidophilus ATCC 4356 is ook bestudeer.Laasgenoemde studies is gedoen tydens groei in die teenwoordigheid van mukus, galsoute, pankreatien en verlaagde pH.Intydse ("Real time") polimerase kettingreaksie (PKR) is gebruik.mub, mapA en EF-Tu van stam 423 se regulering is opwaarts aangepas in die teenwoordigheid van mukus, met die uitdrukking proporsioneel eweredig tot die verhoging in mukus vlakke.Die uitdrukking van mapA het onder normale toestande (0.3%, m/v, gal; 0.3%, m/v, pankreatien; pH 6.5) en in die teenwoordigheid van hoër vlakke galsoute (1.0%, m/v) en pankreatien (1.0%, m/v) toegeneem.Die uitdrukking van mub het afgeneem in die teenwoordigheid van galsoute en pankreatien by pH 6.5, terwyl die uitdrukking van EF-Tu and plaA onveranderd gebly het.In 'n omgewing van pH 4.0 het die uitdrukking van mub en mapA onveranderd gebly, terwyl die uitdrukking van EF-Tu en plaA gestimuleer is.Uitdrukking van mapA is onderdruk in die teenwoordiging van 0.1% (w/v) sisteïen, wat daarop dui dat die geen deur 'n meganisme van transkripsie-attenuasie in die teenwoordigheid van sisteïen gereguleer word.In die geval L. acidophilus ATCC 4356 is geenuitdrukking nie in die teenwoordigheid van hoë mukusvlakke gestimuleer nie.Die uitdrukking van slp en EF-Tu is onder normale en stresvolle toestande in die ingewande gestimuleer.In die tweede afdeling van die studie is manlike Wistar rotte gebruik om te bepaal presies watter deel van die gastro-intestinale weg deur L. plantarum 423 en
Author: K. Ramiah
Language: English
Subfield: Food Science
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2129653600
