Work

Use of the RAFT technique as an efficient method to synthesise well-defined polymer-clay nanocomposites with improved properties

Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: Synthesis and structural characterization of two novel cationic and three new neutral reversible addition-fragmentation chain transfer (RAFT) agents is described.The cationic RAFT agents bear a quaternary ammonium group: N,N-dimethyl-N-(4-(((phenylcarbonothionyl)thio)methyl)benzyl)ethanammonium bromide (PCDBAB) and N-(4-((((dodecylthio)carbonothioyl)thio)methyl)benzyl)-N,N-dimethylethanammonium v Opsomming Die bereiding en strukturele karakterisering van twee nuwe kationiese en drie neutrale RAFT-verbindings word bespreek.Die kationiese RAFT-verbinding bevat 'n vierdelige ammonium groep, N,N-dimetiel-N-(4-(((fenielkarbonotioniel)tio)metiel)bensiel)etaanammonium bromied (PKDBAB) en N-(4-((((dodesieltio)karbonotioiel)tio)metiel)bensiel-N,N-dimetieletaanammonium bromied (DKTBAB).Die drie neutrale RAFT-verbindings wat berei is, is 1,4-fenielienbis(metieleen)dibenseen karboditioaat (PKDBDKP), didodesiel-1,4-fenieleenbis(metieleen)bistritiokarbonaat (DKTBTKD), en 11-(((bensieltio)-karbonotioiel)tio)undekanoiese suur (BKTUS).Die eiesamestellingsgedrag van verdunde water oplossings berei met die kationiese RAFT-verbindings, PKDBAB en DKTBAB word beskryf.Afgesien van die seeplengte, hoofgroep en chemiese samestelling word die eiesamestellingsgedrag bevorder deur die tiokarboniel-tio groep teenwoordig in die RAFT-verbinding.Die RAFT-verbindings is gebruik om massa of miniemulsie RAFT-bemiddelde beheerde vryradikaal polimerisasie uit te voer in die teenwoordigheid van klei om sodoende polimeer-klei-nanosamestellings (PKNs) te vorm.Massapolimerisasie in PKNs het getoon daar beter beheer is oor die molêre massa sowel as die poliverspreidingsindeks (PVI) in vergelyking met miniemulsie polimerisasie.In beide polimerisasie tegnieke is die molêre massa en PVI afhanklik van die hoeveelheid klei en RAFT-verbinding teenwoordig in die sisteem.Vryradikaal massa neutrale RAFT-verbinding bemiddelde polimerisasie het oorheersend 'n inskakelingsmorfologie.Dit kan toegeskryf word aan die radikaalradikaal koppeling van die afsetter wat aan die klei vasgeanker is en waarop die polimerisasie plaasvind.In teenstelling hiermee is gevind dat, wanneer die kationiese RAFT-verbinding aan die klei vasgeanker word, i.e. waar RAFT-gewysigde klei gebruik is, het die massapolimerisasie getoon dat oorheersend afgeskilferde vi morfologie PKNs gevorm word.Miniemulsie polimerisasie, uitgevoer in die teenwoordigheid van die RAFT-gewysigde klei, het egter PKNs gevorm wat gewissel het van gedeeltelik afgeskilferde morfologie tot inskakelingsmorfologie soos wat die kleilading verhoog is.Die verandering in morfologie, in die geval van die miniemulsie gebaseerde PKNs, word toegeskryf aan die verlaging in die molêre massa soos wat die kleilading verhoog word.Die PKNs wat berei is het verhoogde termiese-meganiese eienskappe as gevolg van die klei wat teenwoordig is.Die termiese-meganiese eienskappe is afhanklik van die molêre massa, PVI, kleilading en die morfologie van die PKNs.
Language: English
Field: Chemistry
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2130496519
Cites: 190
Cited by: 2
Related to: 10